Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Outa gaan weer hof toe oor Myeni
Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Foto: Argief

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), is steeds ’n direkteur van ’n aantal instansies nadat sy vroeër vanjaar tot misdadige direkteur verklaar is.

Sy het appèl aangeteken teen dié uitspraak, wat beteken dat die opdwinging daarvan moet wag tot nadat die appèlproses afgehandel is.

Maar die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die SAL-vlieëniersvereniging (Saapa), wat die aanvanklike aansoek ingedien het om haar tot misdadige direkteur te verklaar, sê hulle gaan nou terug hof toe vir ’n bevel dat die uitspraak intussen opgedwing word.

’n Persoon wat tot misdadige direkteur verklaar is, mag nie weer op enige direksie dien nie.

“Hierdie is een van daardie buitengewone gevalle waar die uitspraak opgedwing móét word. Die skade wat Myeni aan die SAL en die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig het, is heeltemal te groot om die kans te waag dat sy dit weer doen,” sê adv. Stefanie Fick, hoof van Outa se die afdeling vir toerekenbaarheid.

Outa en Saapa vra die hof dat die bevel nie uitgestel word hangende die huidige aansoek om appèl of enige ander aansoek om appèl nie, maar dat dit geld totdat uitspraak op alle aansoeke gelewer is.

Outa sê indien dié aansoek nie werk nie, gaan hy aansoek doen dat art. 18 van die Wet op Hoër Howe ongrondwetlik en ongeldig verklaar word.

“Art. 18 van die wet verleen aan die howe geen diskresie met die opdwing van ’n beslissing hangende ’n appèl nie,” sê Fick in ’n verklaring.

Outa sê howe moet die diskresie hê om te kan besluit of hulle ’n beslissing wil opdwing hangende ’n appèl.

Fick sê ten tyde van die hooggeregshofuitspraak wat Myeni tot misdadige direkteur verklaar het, was sy ’n direkteur van vier entiteite, waaronder die Mangaung-metro se Centlec-elektrisiteitsnetwerk en die Jacob Zuma-stigting. Dit lyk of sy steeds hierdie poste beklee ondanks die hofbevel.

Outa sê hoewel hy die hofuitspraak aan Centlec gestuur het, het die maatskappy nie vir Myeni as direkteur verwyder nie. Sy dien tans as ondervoorsitter van sy direksie.

Die Centlec-direksie het aan Outa gesê ’n vergadering sal gehou word om hieroor te besluit.

LEES OOK: Dudu Myeni plaas hoop op omstrede regspan

Meer oor:  Outa  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Dudu Myeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.