Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Outa hou sy oog op myntrusts se geld
Ben Theron van Outa. Foto: Deon Raath

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê hy is spyt oor die sluiting van Bank of Baroda in Suid-Afrika en die impak wat dit op werkgeleenthede gaan hê, “maar hulle het dit oor hulself gebring”, sê Ben Theron, bedryfshoof van Outa.

Outa probeer steeds vasstel wat die sluiting van die bank se Suid-Afrikaanse afdeling sal beteken vir die nagenoeg R1,75 miljard in Gupta-verwante mynrehabilitasiefondse wat die bank bewaar.

Outa het in September 2017 ’n tussentydse hofbevel bekom wat die bank dwing om dié geld in veilige bewaring te hou vir die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyn.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het die bank beveel om die geld van die Optimum Mine Rehabilitation Trust en die Koornfontein Mine Rehabilitation Trust in rentedraende rekeninge te hou.

Volgens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur mag geld in rehabilitasietrusts nie vir enige ander doelwit gebruik word as om die skade wat mynbou aan die omgewing aanrig, te bestuur nie.

Bank of Baroda het die registrateur van banke Maandagoggend amptelik ingelig dat die bank aan Suid-Afrika onttrek.

Die Reserwebank het in ’n verklaring gesê die registrateur is in gesprek met die bank om te verseker die onttrekking geskied ordelik.

Theron sê Outa wil hê die trusts se trustees moet verander word “omdat ons glo hulle is onverantwoordelik”.

Theron sê hy is oortuig ’n ander Suid-Afrikaanse instelling sal die trustgeld kan oorneem.

Outa gaan weer op 31 Mei en 1 Junie hof toe om die tussentydse bevel oor die beskerming van die geld finaal te laat maak.

Bank of Baroda se Sandton-tak het navrae na die Indiese bank se hoofkantoor in Mumbai verwys. Geen antwoord is nog ontvang nie. Fin24

Meer oor:  Bank Of Baroda  |  Ben Theron  |  Guptas  |  Optimum  |  Banke  |  Mynbou  |  Omgewing  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.