Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pakhuis van R1,3 mjd. vir Pepkor gebou

Die genoteerde eiendomsgroep Equites Property Fund gaan ’n enorme nuwe pakhuis vir Pepkor in Hammarsdale in KwaZulu-Natal bou.

Customers shop for garments at a Pepkor Ltd. store
Klante doen inkopies in een van Pep se winkels. Foto: Getty Images

Die pakhuis sal 122 734 m² beslaan.

Die aanduiding is dat die ontwikkeling R1,3 miljard gaan kos, sê Equites in ’n verklaring.

Hy gaan in die boekjaar tot einde Februarie 2023 sowat R100 miljoen in huurinkomste met die pakhuis verdien. Dit sluit die koste in van die grond wat teen R281 miljoen gekoop word.

Volgens Andrea Taverna-Turisan, uitvoerende hoof van Equites, gaan ’n huurkontrak van 15 jaar met Pepkor gesluit word wanneer die verspreidingsentrum na verwagting in November voltooi is.

Taverna-Turisan sê die transaksie voldoen aan al sy beleggingsvereistes. Equites belê en ontwikkel eiendom vir logistieke doeleindes.

“ ’n Transaksie van dié omvang met ’n kliënt van Pepkor se statuur en vereistes sal help om Equites se doelwit vas te lê as die voorkeur-ontwikkelaar vir die grootste logistieke groepe, kleinhandel- en aanlyn handelaars in die mark,” sê sy.

Hammarsdale is langs die N3 en naby die spoorlyn tussen Durban en Gauteng.

Hy sê die eiendom sal bydra tot die voorspelbaarheid en gehalte van die inkomste wat Equites verdien.

Equites is Junie 2014 op die JSE genoteer.

Die waarde van die fonds het van R1 miljard tot R13,5 miljard gestyg teen einde Augustus verlede jaar.

Die maatskappy fokus op die ontwikkeling en besit van moderne en goed geleë logistieke eiendomme met goeie huurders en lang huurkontrakte.

Die maatskappy is ’n eiendomsbeleggingstrust (Reit) wat eiendom besit en bedryf waaruit ’n inkomste verdien word.

In die verklaring op die JSE se nuusdiens is gesê die verwagte kontraktuele huurinkomste in die jaar tot einde Februarie 2023 (wat die eerste volle boekjaar sal wees wat die eiendom verhuur word) is R99,2 miljoen.

Meer oor:  Pepkor  |  Logistiek  |  Winkelgroep  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.