Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
DA vies oor perke op Steinhoff-ondersoek

Die DA is bekommerd oor die grense wat Steinhoff se prokureurs wil stel vir die gesamentlike sitting van drie staande komitees Woensdag in die parlement.

David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies, sê dit blyk daar was onderhandelinge agter die skerms tussen prokureurs van die parlement en van Steinhoff oor wat Woensdag gesê mag word.

David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies.

“Ons gaan nie instem om op eiers te loop oor die skandaal oor boekhou-ongerymdhede by Steinhoff nie,” sê Maynier.

Yunus Carrim, Themba Godi en Cassel Mathale, voorsitters van die drie staande portefeuljekomitees wat die sitting gaan hou, het Maandag in ’n verklaring gesê die parlement se prokureurs praat met Steinhoff se prokureurs oor die regsgrense vir hul deelname aan die sitting.

Dit is nog onbekend wie Steinhoff gaan verteenwoordig in die daglange sitting. 

’n Forensiese ondersoek word tans deur PwC by Steinhoff gedoen oor ongerymdhede met sy boekhouding.

Steinhoff se aandeelprys het sedert 5 Desember skerp geval toe dié ongerymdhede aan die lig gekom het en Markus Jooste skielik as uitvoerende hoof bedank het.

Steinhoff moes sy jaarstate reeds op 6 Desember uitgereik het, maar in die lig van die ongerymdhede is dit uitgestel.

Hy het Dinsdag aangekondig dit sal nie teen die wetgewende spertyd van einde Januarie uitgereik kan word nie.

Steinhoff se markwaarde het getuimel van R216,5 miljard kort voor die aankondiging oor ongerymdhede, tot R30,4 miljard tans.

Die gesamentlike sitting word deur die staande komitees oor finansies, openbare rekeninge en staatsdiensadministrasie gehou om ’n beter idee te kry van wat by Steinhoff gebeur het.

Die voorsitters het in ’n verklaring verduidelik wat die doel van die gesamentlike sitting is.

“Dit is nie ’n openbare sitting waaraan belangstellendes en individue kan deelneem nie.”

Die komitees wil ook ’n beter idee kry oor die rol wat die JSE en ander wetstoepassers speel om die gebeure te ondersoek; asook samewerking tussen Suid-Afrikaanse wetstoepassers en dié in Duitsland en Nederland.

Steinhoff word van Stellenbosch af bestuur, maar sy hoofnotering is in Duitsland en die maatskappy is in Nederland geregistreer.

“Die doel van die sitting is nie om die Raad op Finansiële Dienste, die Reserwebank en Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure te verdring nie.

“Dit is ook nie ’n kommissie van ondersoek nie, maar is deel van ons toesigrol oor die wetstoepassers wat Steinhoff ondersoek. Ons wil hê hulle moet verduidelik wat hulle gedoen het sedert die Steinhoff-krisis aan die lig gekom het, die omvang van hul ondersoeke en wanneer hulle dit gaan afhandel en aan die parlement verslag gaan doen.”

Carrim en kie sê omdat Steinhoff deur talle organisasies ondersoek word, hofgedinge uit die gebeure kan spruit en marksensitiewe inligting ter sprake is, sal Steinhoff binne perke in die openbare belang antwoorde gee.

Maynier meen wat gedoen moet word, is:

  • Dat voormalige en huidige direkteure van sowel Steinhoff se toesighoudende as uitvoerende direksie gedagvaar word om na die sittings te kom;
  • Meer tyd toegewys word vir die aanbieding en kruisondervraging van die verteenwoordigers van Steinhoff; en
  • Dat Deloitte van Nederland en Deloitte Suid-Afrika, asook die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) op die sitting verskyn.

Maynier sê hulle is nie geraadpleeg oor die regsgrense waaroor met Steinhoff se prokureurs onderhandel is nie en hulle het ook nie daartoe ingestem nie.

Meer oor:  Steinhoff  |  David Maynier  |  Themba Godi  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.