Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Parlement mág Markus Jooste dagvaar

’n Regsmening is gekry en Baleka Mbete, speaker van die parlement, het haar toestemming gegee dat die staande komitee oor finansies Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, mag dagvaar om voor die komitee te verskyn.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Die komitee het voorheen besluit om die speaker te nader sodat die regsverteenwoordigers van die parlement ’n regsmening daaroor kon gee.

Magtiging is ook nou gegee om Ben la Grange, voormalige finansiële hoof, te dagvaar om te verskyn.

Ingevolge art. 56 van die Grondwet het die Nasionale Vergadering en sy komitee die mag om staatsliggame te roep om te verskyn asook private persone, instellings en beheerliggame oor enige saak wat binne openbare belang is.

Die dagvaarding gaan uitgereik word vir die sitting wat op 29 Augustus plaasvind.

La Grange sou op 22 Augustus parlement toe kom, maar die sitting is met ’n week uitgestel omdat Steinhoff se verteenwoordigers nie kon kom nie. Daarna het La Grange gesê hy kan nie op 29 Augustus kom nie omdat sy regsverteenwoordiger nie beskikbaar is nie.

Steinhoff het pas aangekondig dat hy La Grange, wat sedert begin vanjaar op ’n kontrakgrondslag vir die maatskappy konsultasiewerk doen, geskors het.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Baleka Mbete  |  Ben La Grange  |  Kleinhandelaars  |  Parlement  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.