Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pasop! Geld kan Covid-19 oordra
A vendor counts out rand banknotes while working i
Geld kan ook 'n virus soos die koronavirus oordra. Foto: Getty Images

’n Graad R-leerling van Richardsbaai het positief getoets vir die Covid-19-virussiekte. Kwazi Mshengu, KwaZulu-Natal se LUR vir onderwys, het bevestig die seun se ma werk by ’n bank, waar sy met buitelandse valuta werk.

Dit laat die vraag ontstaan hoe lank die gevreesde nuwe koronavirus op items soos munte en banknote kan oorleef, en of die gebruik van harde kontant dit vinniger kan laat versprei.

’n Onlangse studie deur navorsers aan ’n Amerikaanse universiteit het bevind dat die nuwe koronavirus, wat Covid-19 veroorsaak, tot 72 uur op oppervlaktes van plastiek en staal kan oorleef.

Dit kan ook tot 24 uur op papier of karton oorleef, berig Business Insider.

Capitec raai kliënte aan om eerder sy digitale of kontaklose betaalmetodes te gebruik om die risiko van die virus wat op ’n banknoot skuil, te vermy.

Baie Suid-Afrikaanse bankkaarte is toegerus met funksionaliteit wat jou toelaat om die kaart net naby die kaartmasjien te bring en die transaksie te volbring.

Jy hoef dus nie die kaart in die masjien in te druk, of jou PIN op die sleutelbord in te voeg nie.

Maak net seker jy ontsmet gereeld jou bankkaart met ’n alkohollappie om enige virus wat daarop skuil, ook te verwyder.

As jy betalings aan ’n derdeparty moet maak, hanteer dit met een van jou bank se digitale opsies, sê Capitec.

Dit sluit in betalings via die bank se app of aanlynbankdienste.

Geld kan maklik deur hierdie kanale oorgedra word, en jy kan selfs lugtyd aanskaf en rekeninge betaal.

Dit is ook belangrik om so ver as moontlik fisieke kontak met ander persone te vermy. So in stede daarvan om na jou naaste tak te gaan om banksake af te handel, of aansoek te doen vir byvoorbeeld ’n nuwe kredietkaart, kyk of jy dit nie aanlyn kan doen nie.

Meer as 60 Suid-Afrikaners het reeds Covid-19 en duisende is al daarvoor getoets.

Meer oor:  Geld  |  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Capitec  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.