Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Patel: Betrek werkers by direksies

Werkers se eienaarskap in maatskappye is nie ’n lugkasteel nie. Dit is al prakties bewys dat dit tot inklusiewe ekonomiese groei bydra, het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, Dinsdag gesê.

Minister of Trade, Industry and Competition Ebrahi
Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging. Foto: Argief

Die wysigingswet vir maatskappye gaan vanjaar in die parlement ingedien word waar ’n model voorgestel word om werkers by maatskappydireksies te betrek, het Patel in sy begrotingsposdebat in die parlement aangekondig.

Patel wil bemagtiging en die groter deelname van swart nyweraars in die ekonomie verskerp.

En daar kom ’n wetsontwerp wat maatskappye gaan dwing om bekend te maak wat die verskil is tussen die laagste en hoogste salarisse onder hul werkers.

Plaaslike inhoud

’n Hernude veldtog is begin om meer produkte plaaslik in Suid-Afrika te vervaardig. Die aankoop van R200 miljard van dié produkte word oor die volgende vyf jaar beoog. ’n Lys van meer as 40 nuwe produkte wat plaaslik vervaardig moet word, is opgestel, en ’n span van 30 uitvoerende hoofde van Suid-Afrikaanse maatskappye is byeengeroep om as kampvegters vir die veldtog op te tree, het Patel gesê. Dit sluit mense in soos Mark Cutifani van Anglo American en Fleetwood Grobler van Sasol.

Groen-ekonomie

Patel wil ook sterk fokus op die groen-ekonomie, met steun vir die vervaardiging van hibriede voertuie deur Toyota, en die gebruik van waterstofbrandstofselle as aandrywing vir motors.

Dean Macpherson, DA-parlementslid, het die departement van handel, nywerheid en mededinging gekritiseer en gesê hy het ’n “meesterplan” vir elke probleem.

Hy het verwys na navorsing van Intellidex dat voorskrifte oor plaaslike inhoud net in sekere omstandighede kan werk, maar andersins tot skerp prysstygings kan lei.

Intellidex het ’n peiling onder 125 maatskappye gedoen oor hoe gereed hulle is om plaaslike vervaardiging te doen. Die regering mik daarna om binne vyf jaar tot soveel as 20% van ingevoerde nie-petroleumprodukte met plaaslik vervaardigde goedere te vervang.

Die algemene indruk uit die peiling is dat onder die regte omstandighede tot 12,6% van nie-petroleum-invoer dadelik vervang kan word met plaaslike produkte, en dit kan na vyf jaar tot 32,3% styg.

Maar Busi Mavuso en Cas Coovadia, uitvoerende hoofde van onderskeidelik Business Leadership SA (BLSA) en Business Unity SA (Busa), het beklemtoon die veldtog moenie in isolasie aangepak word nie. Dit kan net werk binne ekonomiese hervorming wat belegging lok en groei aanmoedig.

Intellidex se peiling is in opdrag van BLSA en Busa gedoen.

Meer oor:  Ebrahim Patel  |  Omgewingsake  |  Direksies  |  Bemagtiging  |  Werkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.