Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Patrice-plan duik in hek weens korona

’n Deel van die plan wat in Januarie deur die bemagtigingsgroep African Rainbow Capital (ARC) Investments aangekondig is om ’n groot belang in die finansiëledienstegroep Alexander Forbes te koop, moes afgestel word weens Covid-19.

Die mynmagnaat Patrice Motsepe. Foto: Gallo Images

Die bekende sakeman Patrice Motsepe is ’n groot belegger in ARC.

Alexander Forbes en ARC het op 22 Januarie aankondigings aan beleggers uitgereik om hulle in te lig van die plan van nagenoeg R1 miljard.

Skaars twee maande later het Alexander Forbes vroeg Maandagoggend beleggers verwittig ’n deel van die plan gaan nie meer voort nie.

Alexander Forbes sou 200,8 miljoen van sy eie aandele van die batebestuurder Mercer Africa teruggekoop het as deel van ’n herorganisering van sy aandeelhouers.

Die aandele sou teen R5,15 per aandeel teruggekoop word vir altesaam R1 miljard.

“Weens die internasionale ekonomiese onrustigheid wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is, is daar ’n wesenlike verandering in die marktoestande en die vooruitsigte en dit is onmoontlik om te bepaal hoe lank hierdie onsekerheid gaan voortduur.

“Daarom het Alexander Forbes en Mercer gesamentlik besluit om nie met die terugkoop van aandele voort te gaan nie.”

Aandeelhouers hoef dus ook nie meer oor die spesiale resolusies te stem op die algemene vergadering wat gehou sou word nie.

Die partye het ingestem om dit in ’n later stadium weer te oorweeg.

“Die besluit om nie voort te gaan nie, sal die stand van Alexander Forbes se kapitaal en likiditeit verder versterk en sal die maatskappy se gesonde lewensvatbaarheid deur die moeilike ekonomiese toestande verseker in die komende maande.”

Deel van die plan was dat ARC Financial Services 193 miljoen aandele van Mercer teen R5,25 per aandeel vir ’n totaal van R1 miljard kry.

Die verkryging is onderhewig aan finale goedkeuring van die betrokke owerheid en dit sal na verwagting binne vier weke goedgekeur word.

Aandeelhouers sal ook nog ’n besluit moet goedkeur wat ARC nie sal verplig om ’n aanbod aan hulle te maak wanneer sy aandeelhouding bo 35% opskuif nie.

Nadat nog ’n been van die transaksie afgehandel is, sal ARC nou 35,5% van Alexander Forbes hou en nie soos aanvanklik beoog is 41,3% nie.

LEES OOK: Motsepe-groep belê R1 mjd. in Alexander Forbes

So word algemene vergadering nou gehou

Die beperkinge op openbare byeenkomste wat verlede Sondag ingestel is toe ’n ramptoestand afgekondig is, beteken die algemene vergadering wat beplan is, kan nou nie meer plaasvind soos beoog nie.

Dit sou op 31 Maart in Alexander Forbes se kantoor in Sandton plaasgevind het.

Nou gaan beleggers elektronies kan deelneem.

Beleggers word daarop gewys dat hul datakoste vir hul eie sak is en as ’n netwerk afgaan, kan die maatskappy ook nie verantwoordelik gehou word nie.

Meer oor:  Alexander Forbes  |  Patrice Motsepe  |  Aandele  |  Verkrygings  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.