Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PEILING: Sal jy met die nuwe SAL vlieg?

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan waarskynlik in Julie of Augustus weer begin vlieg, maar sal jy kaartjies op dié lugdiens bespreek?

’n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens styg op. Foto: Verskaf

Die SAL se bestuur het Woensdag aan die Nasionale Raad van Provinsies verslag gedoen oor hoe hy later vanjaar sy bedrywighede wil hervat en hoe sy reddingsboeie al bestee is.

LP’s, van die opposisiepartye sowel as die regerende ANC self, was bekommerd oor die “reputasieskade” wat die lugdiens al gely het.

Mlindi Nhanha, DA-LP, het kommer uitgespreek oor die lugdiens se vermoë om te herstel van jare se reputasieskade.

Op sy beurt het Yunus Carrim, ANC-LP, ook gesê hy weet nie hoe die lugdiens passasiers sal teruglok nie.

Tshepiso Moahloli, amptenaar van die nasionale tesourie, het in antwoord hierop gereageer dat die direksie van die SAL “baie werk het om te doen”.

Stem
Resultate
PEILING: Sal jy met die nuwe SAL vlieg?
  • 1%
    Ja
  • 9%
    Ja, maar net as die tariewe mededingend is
  • 8%
    Dit hang af wie die strategiese ekwiteitsvennoot is en of ek hulle vertrou
  • 82%
    Nee
  • MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.