Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pep, Ackermans beleef beste maand tot nog toe

Pepkor se twee kettingwinkelgroepe Pep en Ackermans het in Mei hul hoogste omset tot nog toe aangeteken.

Pepkor se twee kettingwinkelgroepe Pep en Ackermans het in Mei hul hoogste omset nog aangeteken. Foto: Mlungisi Louw

In vergelykbare winkels – dus dieselfde winkels as wat in Mei 2019 oop was – was die omset 40% hoër, sê Pepkor in ’n handelsverklaring wat Dinsdagaand uitgereik is saam sy aankondiging oor ’n versnelde boekbou om R1,9 miljard van spesifieke beleggingsinstellings in te samel.

Die maatskappy het op 27 Mei berig oor die eerste drie weke van Mei toe hy sy resultate vir die halfjaar uitgereik het.

Die momentum met verkope is in Junie voortgesit.

In die eerste drie weke van Junie het verkope in vergelykende winkels met 21% gestyg.

Dit is daaraan toegeskryf dat die tipe klere wat die groep verkoop, onder die huidige omstandighede aanklank by verbruikers vind.

In die res van Afrika het Pep Africa se verkope met dubbelsyfers gedaal in plaaslike wisselkoerse weens swak ekonomiese toestande en inperkings weens die koronaviruspandemie.

Pep Africa dra net 3% tot die groep se inkomste by.

Die deel van sy winkels wat meer modieuse klere en skoene vir volwassenes verkoop, het ook goed gevaar. Hier is verkope met 28% in Mei en 21% in Junie verhoog.

Die winkels wat elektroniese toerusting verkoop in JD Group, het “uiters goed” gevaar sedert die heropening in Mei. Verkope was 39% hoër ten spyte van ’n beperkte produkreeks wat verkoop kon word.

In Junie het die verkope in vergelykende winkels met 58% opgeskiet.

Die meubelafdeling kon nie in Mei handel dryf nie, maar het in Junie vergelykende verkopegroei van 26% bereik.

Verkope in die winkels van The Building Company was negatief omdat boukontrakteurs en die konstruksiebedryf eers in Junie heropen is. Verkope hier was in Junie 1% laer.

“Die groep gaan voort om sy strategie oor die portefeulje van winkels te ontleed met voorkeur aan die ondernemings wat die beste opbrengste gee.

“Ten spyte van die huidige positiewe verkope is die volle omvang van die invloed van die koronaviruspandemie in Suid-Afrika en op die verbruiker nog nie duidelik nie.”

Meer oor:  Pepkor  |  Pep  |  Ackermans  |  Maatskappye  |  Kleinhandelaars  |  Klerewinkel  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Kleregroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.