Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor: 90% verkies aandele as dividend

Die meerderheid van Pepkor se aandeelhouers het verkies om hul dividend vir die boekjaar tot einde September in aandele te ontvang.

Volgens die groep het net 10% verkies om ’n kontantdividend te ontvang.

Pep
Pep is een van Pepkor se belangrikste winkelgroepe. Foto: Verskaf

Die maatskappy het einde November ’n skripdividend vir die boekjaar verklaar.

Netwerk24 het toe berig die direksie het besluit om dié dividend te verklaar in die lig van die poging om sy skuld te verlaag. Die skripdividend verseker dat kontant in die maatskappy behou word om sy skuld te delg.

Die maatskappy het Maandag aangekondig hy het 37,8 miljoen nuwe gewone aandele ter waarde van altesaam R636,1 miljoen uitgereik.

Die aandeelhouers wat gekies het om die kontantdividend van 20,9c per aandeel te ontvang, het altesaam 358,2 miljoen aandele gehou. Dit beteken die kontant wat die groep uitbetaal het, het R74,8 miljoen beloop.

Moody’s het vandeesweek in ’n verklaring oor die eerste gradering wat aan Pepkor toegeken is, gesê sy twee grootste aandeelhouers het ook ingestem om ’n dividend in die vorm van aandele te ontvang.

Pepkor se meerderheidsaandeelhouer is Steinhoff, wat 71% van sy aandele besit.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Moody's  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.