Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor-direkteur bedank weens 'onhoudbare hofsake'

Jayendra Naidoo het bedank as nie-uitvoerende direkteur van die kleinhandelgroep Pepkor.

Jayendra Naidoo (links) in 2017 toe Pepkor, wat toe Steinhoff African Retail (Star) geheet het, op die JSE genoteer het. Saam met hom op die foto is Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, en Ben la Grange, wat toe as uitvoerende hoof van Star gedien het. Foto: Verskaf

Naidoo se bedanking is effektief van 1 Februarie.

Naidoo het hom in November met die einde van sy termyn as voorsitter van die groep nie herkiesbaar gestel nie.

Naidoo sê in sy bedankingsbrief die voortslepende hofstryd tussen hom en Steinhoff, Pepkor se moedermaatskappy, maak sy rol as direkteur “onhoudbaar”.

Hy was sedert Pepkor se notering as Steinhoff African Retail (Star) in 2017 direkteur en was ook van 2017 tot 2020 die voorsitter.

Pepkor bedank Naidoo vir sy bydrae tot die groep.

Hy is op 18 Augustus 2017 aangestel saam met ander direkteure soos Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Naidoo is een van die aandeelhouers in Steinhoff wat ’n groot verlies gely het met die ineenstorting van die maatskappy se aandeelprys in Desember 2017 nadat ongerymdhede met die groep se boeke aangekondig is.

Sy onderneming, Lancaster, het ook ’n eis teen Steinhoff ingestel oor die skade wat daardeur gely is.

LEES OOK: Jayendra Naidoo wil nie meer Pepkor-voorsitter wees

Naidoo se Lancaster-groep het deelgeneem aan ’n transaksie waarmee aandele in Steinhoff bekom is met behulp van R9 miljard se finansiering van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Einde Februarie 2019 was die bedrag uitstaande op die lening sowat R11,6 miljard met opgeloopte rente.

Leon Lourens, uitvoerende hoof van Pepkor, het met Naidoo se bedanking as voorsitter gesê Naidoo het die maatskappy se direksie sedert sy notering in 2017 gelei en het ’n sentrale rol gespeel om die maatskappy in staat te stel om ’n moeilike tydperk te navigeer, insluitende die implikasies wat vir Pepkor uit die Steinhoff-krisis voortgespruit het.

“Die maatskappy het sterker aan die ander kant uitgekom en die direksie bedank Jayendra vir sy diens en wyse leierskap in sy termyn as voorsitter.”

Meer oor:  Pepkor  |  Steinhoff  |  Star  |  Jayendra Naidoo  |  Markus Jooste  |  Voorsitter  |  Bedanking  |  Direkteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.