Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor maan oor tekorte op rakke van April af

’n Tekort aan sekere produkte kan op die winkelrakke van Pep, Ackermans en ander kettingwinkels van die Pepkor-groep ontstaan weens die voortslepende impak wat die koronavirus op die fabriek in China het.

Pep
Pep is een van Pepkor se belangrikste winkelgroepe en baie van sy produkte word van China af ingevoer. Foto: Verskaf

Leon Lourens, uitvoerende hoof, het op die groep se jaarvergadering gewaarsku dat ’n tydelike tekort aan sekere produkte verwag word.

Hoewel die impak van die koronavirus nie tot dusver wesenlik is nie, “gaan dit ongetwyfeld ’n impak op die tweede helfte van die boekjaar hê”, meen Lourens.

Sy halfjaar eindig einde Maart, wat dus beteken van April af kan die situasie ontstaan.

Die meeste van die groep se kettingwinkels koop van hul produkte van China aan.

“Die ontwrigting aan produksie sal waarskynlik tot tydelike tekorte aan sekere voorraad lei.”

“Sekerheid oor die presiese impak sal eers later duidelik word sodra die meeste fabrieke weer tot normale produksie terugkeer.”

Hy meen egter Pepkor se sakemodel sal in sy guns tel om die risiko en impak op die groep te verminder.

“Die grootste deel van die produkte wat verkoop word, is basiese alledaagse produkte wat lank vooruit bestel kan word voordat dit op die winkelrakke nodig is.

“Dit het tot gevolg dat die bestellings redelik lank vooruit gedoen kan word en verseker dat ons aankopers in samewerking met ons lojale langtermyn-verskaffers die geleentheid het om takties te reageer en maatstawwe in te stel om die negatiewe impak te versag.”

Volgens hom verwag die bestuur dus ontwrigtings aan die beskikbaarheid van produkte maar “bly optimisties dat kliëntediensvlakke grootliks behou sal word”.

Steinhoff, wat die grootste aandeelhouer in Pepkor is, het terselfdertyd ook sy beleggers op die aankondiging gewys.

Lourens het 

Meer oor:  Pepkor  |  Pep  |  Ackermans  |  Leon Lourens  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Klere  |  Produksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.