Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor samel R1 mjd. in skuldmark in
Pep
Pepkor besit en bedryf die klerewinkelgroep Pep.

Die kleinhandelgroep Pepkor het R1 miljard suksesvol in die plaaslike effektemark ingesamel.

Die maatskappy het verlede week sy program bekend gestel om tot R10 miljard in die plaaslike mark te leen ten einde sy finansieringsbronne te diversifiseer. Die geld wat geleen word, sal gebruik word om sy bestaande skuld te vereffen.

Pepkor se netto skuld het einde September verlede jaar R14 miljard beloop.

Die groep wil op mediumtermyn die verhouding van sy skuld tot sy bedryfswins uitgesluit finansieringskoste en waardevermindering verminder.

Die effekteveiling wat Donderdag gehou is, het meer as 20 bieërs gehad en was 3,8 keer oorvolskryf.

Pepkor sê in ’n verklaring dit toon die sterk vraag van institusionele beleggers.

Leon Lourens, uitvoerende hoof, sê dit is baie positief om die sterk ondersteuning van die beleggingsgemeenskap te sien.

Volgens die groep kon hy teen “baie gunstige koerse” die effekte uitreik en dit sal sy toekomstige finansieringskoste help verlaag.

Die nuus het ongelukkig in die swak marktoestande nie gehelp om sy aandeelprys te lig nie. Dit het Maandagaand op die laagste vlak sedert sy notering in 2017 gesluit.

Sy aandeelprys het Maandag met 2,9% gedaal terwyl die res van die mark 6,2% laer gesluit het.

Dinsdag het sy aandeelprys met 2,2% tot R14,99 gestyg.

Meer oor:  Pepkor  |  Pep  |  Skuld  |  Klerewinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.