Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor se aandeelhouers moet nou oor dividend stem

Pepkor se aandeelhouers moet teen 24 Januarie besluit of hulle nóg aandele in die plek van ’n kontantdividend wil ontvang.

Pep
Pep is deel van Pepkor.

Pepkor het op 25 November met die uitreiking van sy resultate vir die boekjaar tot einde September aangekondig hy gaan ’n skripdividend uitreik in ’n poging om sy skuldvlakke te verlaag. Pepkor is die Suid-Afrikaanse filiaal van die beleërde meubelgroep Steinhoff.

’n Skripdividend is wanneer nuwe aandele uitgereik word – iets wat die maatskappy nie geld kos nie – eerder as om vir almal ’n dividend uit te betaal.

’n Omsendbrief en kiesvorm waarop hulle moet kies of hulle aandele aanvaar of die alternatief, ’n kontantdividend van 20,9c per aandeel, is Dinsdag aan aandeelhouers gestuur. Dié dividend is laer as 2018 se 27,8c.

Mense wat geen keuse uitoefen nie, sal outomaties nog aandele ontvang en nié die kontant nie.

Die hoeveelheid aandele wat hulle ontvang, sal op 14 Januarie bekend gemaak word. Hoe breukdele behartig sal word, sal ook later bekend gemaak word.

Die aantal gewone aandele waarop aandeelhouers geregtig is, sal bepaal word deur die verhouding tussen die 20,9c en die volumegeweegde gemiddelde prys waarteen Pepkor se aandele verhandel het in die tien dae tot Maandag 13 Januarie, minus 5%.

Die laaste dag waarop mense Pepkor-aandele kan koop ten einde die skripdividend of kontant te ontvang, is 21 Januarie.

Die omsendbrief is ook op Pepkor se webwerf onder beleggersverhoudinge geplaas. Klik hier om dit te lees.

Pepkor se dividendbeleid bly dieselfde, naamlik ’n dividend wat drie keer deur sy verdienste gedek word.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.