Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor se klerefabriek gaan mediese maskers maak

Die groot klerewinkelgroep Pepkor gaan tussen 50 000 en 100 000 mediese gesigmaskers per dag in sy fabriek in Parow, Kaapstad, vervaardig.

k
Pepkor gaan toetree tot die stryd teen Covid-19. Foto: Pixabay

Die groep sê by navraag hy is reeds ’n geruime tyd in gesprek met die regering oor die produksie van beskermende maskers te midde van die Covid-19-pandemie.

Die maatskappy het ook reeds ’n bestelling geplaas om 700 000 gesigsmaskers in te voer.

Die klerefabriek Pepclo in Parow gaan binnekort met die vervaardiging van mediese gesigsmaskers begin sodat aan die verwagte skerp verhoogde vraag daarna voldoen kan word.

Die materiaal wat hiervoor nodig is, is reeds bestel.

Die maatskappy het nie besonderhede gegee oor wanneer die ingevoerde maskers verwag word of wanneer hy met produksie gaan begin nie.

“Die nodige riglyne vir die veiligheid van werkers sal gevolg word om personeel te beskerm,” sê ’n woordvoerder.

Pepkor besit die bekende klerekettingwinkels Pep en Ackermans, wat ook tydens die staat van inperking gesluit is.

Intussen het Stolz One, ’n handelsfirma van Kaapstad, aangekondig die regering het hom goedgekeur as leweransier van noodsaaklike goedere en hy beoog die grootskaalse invoer van gesigmaskers van fabrieke in China, berig Francois Williams. Stolz One hoop om grootmaataankope van gesigmaskers te kan doen vir lewering aan provinsiale gesondheidsowerhede en hospitale.

Leon Stolz, uitvoerende hoof van Stolz One, sê hy het tydens die uitbreek van voëlgriep in Japan in Tokio gebly waar hy betrokke geraak het met die vervaardiging van mediese gesigmaskers. Hy het in 2018 ná 26 jaar in die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer en het Stolz One toe as onderneming geregistreer. Stolz het ook ’n tak in Atlanta, Georgia in Amerika wat ’n bestelling het om 140 miljoen gesigmaskers aan die deelstaatregering van Georgia te lewer.

Volgens Stolz is dit ’n kwessie of plaaslike vervaardigers die regte toerusting en materiaal het om gesigmaskers van die regte gehalte te vervaardig, terwyl die Chinese fabrieke lank reeds betrokke is in die maak van dié maskers.

Meer oor:  Pepkor  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Maskers  |  Covid-19  |  Gesigmaskers  |  Klerebedryf  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.