Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor se wins styg met meer as 50%

Te midde van die markskok oor sy moedermaatskappy, Steinhoff International, se 2017-jaarsyfers het Pepkor Vrydag bekend gemaak sy wins gaan skerp styg.

Leon Lourens
Leon Lourens, uitvoerende hoof van Pepkor. Foto: Verskaf

Vir die halfjaar tot einde Maart gaan Pepkor se verdienste per aandeel met tussen 34,4% en 54,4% hoër wees as ’n jaar gelede. Wesensverdienste per aandeel gaan ook tussen 34,1% en 54,1% hoër wees, volgens ’n Sens-verklaring.

Die nuus het die aandeelprys Vrydagoggend met 1,97% tot R19,65 laat styg.

Dit is besonder indrukwekkende syfers te midde van die swak Suid-Afrikaanse ekonomie en druk op verbruikers, maar weerspieël inderdaad nié bedryfsprestasie nie.

Pepkor het reeds in Maart gesê die styging is danksy ’n eenmalige koste in dieselfde halfjaar van 2018 om voorsiening te maak vir die omstrede waarborg van R500 miljoen vir lenings wat aan Steinhoff toegestaan is, luidens ’n Sens-verklaring. Die lenings was vir die skuld wat die topbestuur aangegaan het om aandele in Pepkor en later in Steinhoff te bekom.

Pepkor is einde 2018 deur die JSE beboet omdat dié waarborge nie in 2017 in Pepkor se voornoteringsverslag aan beleggers geopenbaar is nie.

Pepkor – tot Julie verlede jaar Steinhoff Africa Retail (Star) – verteenwoordig die Suid-Afrikaanse ondernemings in die Steinhoff-stal en is die kontantkoei van die groep. Steinhoff het Christo Wiese se Pepkor-groep in 2015 gekoop en later dieselfde jaar as Star ontknoop en genoteer, maar bly die beherende aandeelhouer van die groep met ’n belang van 71%.

Die groep sluit onder meer Ackermans, Pep, HiFi Corporaton en Bradlows in en het meer as 5 000 winkels in 12 lande in Afrika.

Pepkor hou vol dat die groep nie besmet is deur die beweerde bedrog wat Steinhoff se aandeelprys met nagenoeg 98% laat tuimel het nie.

Pepkor reik sy halfjaarresultate op 29 Mei uit.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Pep  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.