Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor skryf R1,2 mjd. van Buco af

Pepkor het Donderdag tot ná die sluiting van die JSE gewag voordat hy die mark gewaarsku het oor ’n skerp winsdaling vir sy boekjaar tot einde September.

Customers shop for garments at a Pepkor Ltd. store
Pepkor, wat onder meer Pep besit, sê dinge gaan beroerd in die mark vir boumateriale. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse filiaal van die beleërde kleinhandelaar Steinhoff besit onder meer Pep, Ackermans, Tekkie Town, Bradlows, Timbercity en Buco.

Dis juis die swak prestasie van Buco, sy afdeling vir boumateriale, wat gelei het tot ’n enorme afskrywing van R1,2 miljard.

Volgens die Sens-verklaring het al die groep se groot ondernemings goed gevaar, al was die handelsomgewing moeilik.

Die uitsondering was Buco (The Building Company). Pepkor sê die mark vir boumateriale het die afgelope jaar gekrimp te midde van ’n stram ekonomie.

Buco het in die 2018-boekjaar 13% van Pepkor se inkomste en 3% van sy bedryfswins verteenwoordig.

Die afskrywing bring mee dat Pepkor se verdienste per aandeel met tussen 22,1% en 32,1% val.

Die wesensverdienste per aandeel – wat die afskrywing uitsluit – sal egter tussen 7,7% en 17,7% hoër wees.

Pepkor reik sy resultate op Maandag 25 November uit.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Buco  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.