Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor, Steinhoff wen saak in appèlhof oor Tekkie Town
tekkie town
'n Hofuitspraak stel dit duidelik dat Pepkor, as die eienaar van Tekkie Town, met dié onderneming mag handel soos hy wil. Foto: Getty Images

Die appèlhof het ’n bevel van die hooggeregshof in Kaapstad wat in April 2019 uitgereik is dat Pepkor nié vir Tekkie Town of van sy aandele mag verkoop nie, met koste ter syde gestel.

Vyf regters van die appèlhof in Bloemfontein het op 24 Augustus Pepkor se appèl aangehoor teen die hooggeregshof se uitspraak, hangende die finale beslissing van ’n dispuut oor die eienaarskap van die Tekkie Town-aandele in die onderneming.

Steinhoff, wat Pepkor se grootste aandeelhouer is, het ook teen die uitspraak van die hooggeregshof geappelleer omdat dit hom beperk het om sy belang tot onder 50% in Pepkor te verlaag.

Die aansoek in die hooggeregshof is deur die voormalige eienaars van Tekkie Town, Braam van Huyssteen en ander, gebring omdat hulle in ’n regsgeding gewikkel is om hul onderneming terug te kry of vergoed te word vir die skade wat hulle gely het weens die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys.

Volgens Pepkor is ’n eenparige uitspraak deur die regters van die appèlhof gelewer dat hy, as die eienaar van Tekkie Town, met dié onderneming mag handel soos hy wil. Volgens Pepkor beteken dit nou, as hy sou wou, hy die onderneming of van sy aandele mag verkoop.

Pepkor sê Tekkie Town bly ’n belangrike deel van hom en hy maak groot beleggings in dié winkelgroep.

Die regsgronde en -beginsel van die uitspraak word verwelkom dat daar geen beperking op die aandeelhouding geld nie.

Die deel van die uitspraak dat Steinhoff, as hy sou wou, sy aandeelhouding in Pekor tot onder 50% mag verminder, is ook verwelkom.

Steinhoff het in reaksie gesê hy het deur die “eenparige en sterk uitspraak gelees en is baie tevrede dat sy appèl toegestaan is”.

Die regters sê maatskappye in ’n groep van maatskappye is aparte regsentiteite, selfs al word hulle ten volle besit. Daarom is daar geen saak uitgemaak vir hoekom die maatskappy wat die meerderheid aandele in ’n filiaal hou, beperk moet word om vrylik met die aandele te handel nie. Geen saak is ook uitgemaak vir hoekom die maatskappy beveel moet word om sy beheer te behou nie.

Van Huyssteen-hulle het Tekkie Town in Augustus 2016 aan Steinhoff verkoop. Steinhoff het daarna in 2017 die onderneming aan Pepkor verkoop.

Pepkor het in ’n verklaring gesê dit is die vierde uitspraak ten gunste van hom in hofsake wat Van Huyssteen en ander in verband met Tekkie Town gebring het.

Bernard Mostert, een van die voormalige eienaars van Tekkie Town, het gesê: “Ons is rustig en ons dag in die hof sal kom en ons sal suksesvol wees teen Steinhoff sowel as Pepkor.”

Pepkor en Steinhoff se appèl het geslaag met die koste van hul twee advokate ingesluit.

Die bevel van die hooggeregshof is ter syde gestel en ook daar gaan die koste, insluitende van twee advokate, deur die applikante, naamlik Van Huyssteen-hulle, gedra moet word.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Pepkor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.