Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor tuimel ná waarskuwing oor wins

Die Steinhoff-filiaal Pepkor verwag sy wesensverdienste per aandeel gaan in die boekjaar tot einde September skerp daal, deels weens die invloed wat die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys het op ’n beleggingskema vir topbestuur waarvoor hy moet opdok.

Leon Lourens, uitvoerende hoof van Pepkor. Foto: Nellie Brand-Jonker

Die handelsverklaring, wat namiddag op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik is, het die aandeelprys skerp laat daal. Dit het die dag 6,4% laer op R17,23 gesluit.

Pepkor se wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting met tussen 32% en 42% daal. Die daling is vergeleke met sy gerapporteerde wesensverdienste vir die 2017-boekjaar van 133,6c, terwyl ’n wesensverdienste vir die 2018-boekjaar van tussen 77,8c en 91,2c verwag word.

Pepkor het, soos in Mei met die uitreiking van sy tussentydse resultate, beleggers daarop gewys dat twee faktore sy resultate beïnvloed en dit moeilik maak om dit met verlede jaar se resultate te vergelyk:

1. Aantal aandele

Verlede jaar se wesensverdienste per aandeel is bereken op grond van die geweegde gemiddelde 2,6 miljard aandele in die boekjaar, terwyl die geweegde gemiddelde aandele nou 3,4 miljard aandele is. Die gemiddelde aandele is beïnvloed deur die wesenlike uitreiking van aandele verlede jaar. Dit sluit in 132 miljoen aandele wat uitgereik is vir die verkryging van Tekkie Town begin Februarie en 750 miljoen aandele wat uitgereik is op 20 September verlede jaar met die notering op die JSE.

As dieselfde geweegde gemiddelde getal aandele as 2018 gebruik word, is 2017 se vergelykbare wesensverdienste per aandeel 103,7c. Die daling tot tussen 77,8c en 91,2c is dus minder skerp indien die syfer gebruik word as 'n vergelyking. 

2. Waarborg

Die ander rede vir die daling in sy wesensverdienste is 'n eenmalige koste wat gepaardgaan met die voorsiening wat gemaak is vir die waarborg wat Pepkor verskaf het aan banke vir die lenings wat personeel aangegaan het om Steinhoff-aandele te koop. Die uitwerking van die eenmalige koste op sy wesensverdienste per aandeel is sowat 14c. 

Daar is al met die tussentydse resultate voorsiening gemaak vir die totale blootstelling van R500 miljoen. Lees ook: Star besluit op nippertjie oor bestuur se skuld

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.