Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepkor verwag nóg blinker winssyfers

Pepkor, eienaar van die klerewinkelgroep Pep, is nou nog meer optimisties oor sy handelsyfers vir die halfjaar tot einde Maart.

Pepkor, wat onder meer Pep, Ackermans en Bradlows besit, verwag sy verdienste vir die halfjaar tot einde Maart kan tot soveel as 63% beter wees as 'n jaar gelede.

Waar Pepkor voorverlede week nog gedink het sy verdienste sal minstens 20% beter wees as ’n jaar gelede, verwag hy dit sal nou tussen 43,6% en 63,6% beter wees.

Pepkor skryf die sterk verbetering in verdienste per aandeel toe aan sterk handelsprestasie, asook die stewige verlaging in netto skuld en verwante finansieringskoste oor die tydperk.

Pepkor sê die nuwe verwagte styging in verdienste en wesensverdienste per aandeel weerspieël ook The Building Company (Buco) as ’n beëindigde bedrywigheid. Pepkor is besig om dié hardewarekettingwinkel aan Cashbuild te verkoop.

Pepkor besit ook onder meer Ackermans, Tekkie Town, Shoe City, HiFi Corporation, Incredible Connection en Bradlows.

Pepkor verwag om sy halfjaarsyfers op 27 Mei bekend te maak. Hy het einde April aangedui sy netto skuld het van R14,1 miljard tot R6,1 miljard gekrimp.

Meer oor:  Buco  |  Pepkor  |  Pep  |  Klerekleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.