Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepsi nog nader om Weet-Bix, Sasko te besit

Die Mededingingskommissie het aanbeveel dat die verkryging van Pioneer Foods, een van Suid-Afrika se grootste kosvervaardigers, deur die Amerikaanse kosreus PepsiCo goedgekeur word.

Pioneer Foods het handelsname soos Sasko en Marmite in sy stal.

Die verkryging, wat nagenoeg R23 miljard werd is en sal lei tot die denotering van Pioneer, is in Julie verlede jaar aangekondig. Pioneer vervaardig onder meer Marmite, Bovril, ProNutro, Weet-Bix, Sasko, Moir’s, Lipton, Peck’s Anchovette, Futurelife, Heinz en Mama’s.

Die transaksie word deur Simba, ’n filiaal van PepsiCo, gedoen.

Die Mededingingskommissie sê die transaksie is vir Suid-Afrika van groot openbare belang en sal lei tot die oordrag van minstens R1,6 miljard se aandele aan werkers. Dit sal nie mededinging in enige relevante mark verminder of voorkom nie.

Nietemin stel die kommissie verskeie voorwaardes voor wat standaard is vir ’n transaksie van dié omvang. Dit is:

  • ’n Moratorium op afleggings wat spesifiek met die samesmelting verband hou vir ’n vasgestelde tyd (die tyd word nie gespesifiseer nie);
  • Die skep van nog werk by die saamgesmelte entiteit;
  • “Beduidende investering” in die bedrywighede van die saamgesmelte entiteit en die landbousektor en die vestiging van ’n fonds vir die ontwikkeling van klein ondernemings; en
  • ’n Swartbemagtigingstransaksie ter waarde van minstens R1,6 miljard.

PepsiCo het reeds dié voorwaardes belowe toe die transaksie bekend gemaak is.

Pioneer se aandeelhouers het reeds die transaksie goedgekeur. Die Mededingingstribunaal se besluit sal die finale hekkie wees voordat die transaksie deurgevoer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.