Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepsi se baas tree uit
Indra Nooyi

In wat as ’n slag vir vroueverteenwoordiging in groot Amerikaanse maatskappye beskou word, tree Indra Nooyi as PepsiCo se uitvoerende hoof uit.

Nooyi (62) sal in Oktober haar pos verlaat, maar steeds tot 2019 as voorsitter van die direksie van die voedsel-en-koeldrankreus aanbly.

Ramon Laguarta (54), wat sedert sy bevordering tot president verlede jaar een van die kandidate vir die toppos was, sal die sesde uitvoerende hoof van PepsiCo word.

Nooyi, van Indië afkomstig, was die eerste uitvoerende hoof van PepsiCo wat in die buiteland gebore is en ook die eerste vrou aan die stuur van sake van die maatskappy wat verlede jaar ’n inkomste van $63 miljoen getoon het.

Haar uittrede verminder die getal vroue aan die hoof van S&P 500-maatskappye en gebeur ook op ’n tydstip dat Pepsi se Noord-Amerikaanse koeldrankafdeling stagnasie beleef te midde van ’n algemene afname in gaskoeldrank-verbruik.

In haar 24 jaar by Pepsi, insluitende 12 jaar as hoof, het Nooyi gesonder produkte by die portefeulje gevoeg wat ook ou staatmakers soos Mountain Dew insluit.

“Ek het ’n wonderlike tyd as uitvoerende hoof gehad, maar op ’n sekere tydstip moet jy terugsit en sê dis tyd om ’n ordelike oorgang te maak,” sê sy in ’n onderhoud.

“Om ’n uitvoerende hoof te wees vereis sterk bene en ek voel asof ek nou twee rondes van die aflosresies gehardloop het. Dis nou tyd vir iemand anders met sterk bene en skerp oë om die stokkie oor te neem.”

Nooyi het in haar termyn onder meer klaargespeel met Nelson Peltz, ’n aktivistiese belegger wat probeer het om die maatskappy op te breek. Sy het Pepsi ook deur ’n moeilike fase bestuur toe daar verskuiwings was in die eetvoorkeure en koopgewoontes van Amerikaanse verbruikers wat talle ander maatskappye se wins geknou het.

Sy sê sy sal na haar uittrede steeds voortgaan om vroue te bemagtig, ondersteun en te mentor sodat daar meer hoogs gekwalifiseerde vroue in bestuursposte aangestel kan word.

Meer oor:  Pepsico  |  Uitvoerende Hoofde  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.