Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pepsi smelt Pioneer en Simba saam

Die integrasie van Suid-Afrika se Pioneer Foods – wat ikoniese handelsname soos Weet-Bix, Sasko, Ceres en Marmite besit – met sy nuwe moedermaatskappy, PepsiCo, het ’n groot tree vorentoe gegee.

Tertius Carstens, uitvoerende hoof van Pioneer Foods, word hoof van PepsiCo Afrika suid van die Sahara.

Tertius Carstens, tot dusver uitvoerende hoof van Pioneer, is nou in beheer van ’n nuwe afdeling van PepsiCo, PepsiCo Afrika suid van die Sahara.

Dié afdeling sal in Suid-Afrika gesetel wees en sal uit vier sake-eenhede bestaan: Noodsaaklike kos, kruideniersware, Suid-Afrikaanse versnaperinge, en kos en drank vir Afrika suid van die Sahara. Simba, wat ook aan PepsiCo behoort, sal deel word van dié nuwe struktuur, tesame met handelsname soos Lay’s, NikNaks en Pepsi self.

PepsiCo het vroeër vanjaar die eienaar van Pioneer Foods geword toe die transaksie van $1,7 miljard in Maart voltrek is.

Luidens ’n verklaring wil die voedselreus die nuwe hoofkantoor as hefboom vir groei in die streek gebruik, met “die ambisie om Afrika se leidende kos- en drankmaatskappy te word”.

Eugene Willemsen, uitvoerende hoof van PepsiCo vir Afrika, die Midde-Ooste en Suid-Asië (Amesa), sê dis ’n groot stap vorentoe vir die integrasie van Pioneer in PepsiCo.

“Tertius het unieke kwalifikasies en ervaring om ons bedrywighede in Afrika suid van die Sahara te lei, met ’n goeie prestasiegeskiedenis in die sektor vir snel bewegende verbruikersgoedere en Afrikamarkte.”

Carstens, ’n opgeleide ingenieur, werk sedert 1994 by Pioneer, aanvanklik aan die tegniese kant van die onderneming. Hy is in Oktober 2017 as uitvoerende hoof van Pioneer Foods aangestel.

Carstens word ook deel van die uitvoerende komitee van Pepsi Amesa.

Carstens het in reaksie op sy aanstelling gesê die Covid-19-pandemie maak besliste en ratse besluitneming noodsaaklik, wat hulle voel die beste kan gebeur as daar ’n enkele bestuurspan vir Pioneer, Simba en PepsiCo se kos- en drankbedrywighede in Afrika is. “Saam sien ons daarna uit om die onmiddellike uitdagings te bowe te kom en die onderneming vir groei te posisioneer.”

Meer oor:  Pepsico  |  Pioneer Foods  |  Tertius Carstens  |  Kos  |  Kosvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.