Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PepsiCo, Pioneer by laaste hekkie

Argumente oor die transaksie van nagenoeg R23 miljard waardeur PepsiCo die Suid-Afrikaanse kosvervaardiger Pioneer Foods wil koop, word vanaf Donderdag deur die Mededingingstribunaal aangehoor.

PepsiCo koop die vervaardiger van Weet-Bix en Sasko. Foto: PepsiCo

Die Mededingingskommissie beveel aan dat die transaksie wel goedgekeur word, maar met ’n verbod op afleggings en ander voorwaardes.

Die saak is uniek omdat die departement van handel, nywerheid en mededinging vir die eerste keer aanvoer die transaksie is in die openbare belang omdat dit eienaarskap uitbrei, veral na voorheen benadeelde mense of werknemers.

Die bevordering van breër eienaarskap is een van die nuwe voorwaardes wat in die Wet op Mededinging vervat is.

Nagenoeg 15% van Clover gaan ná die verkryging aan ’n swartbemagtigde konsortium bekend as BEEMilk behoort.

PepsiCo besit onder meer Pepsi, Lays, Doritos en Gatorade, terwyl Pioneer Weet-Bix, Liqui-Fruit, Ceres, Sasko, Safari, Spekko en White Star maak.

Die verkryging word deur PepsiCo se plaaslike filiaal, Simba, gedoen.

Daar is geen aanduiding wanneer die tribunaal sy besluit sal aankondig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.