Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
PepsiCo se Pioneer verkoop pastei-afdeling

Pioneer, die kosvervaardiger wat verlede jaar deur PepsiCo gekoop is, gaan nie meer pasteie bak nie.

Die verkope van pasteie en snoeperye het die voedselprodusent Rhodes Food Group (RFG) se streekverkope al vantevore ’n hupstoot gegee. Foto: Verskaf

’n Mededinger, RFG, koop nou die afdeling van Pioneer wat pasteie en bevrore produkte soos deeg vervaardig.

RFG besit die handelsnaam Rhodes, wat blikkies groente en vrugte en konfyt vervaardig, maar wat ook reeds twee pastei-ondernemings in sy stal het, Magpie en Ma Baker.

Pioneer se afdeling vir bevrore produkte sluit in pasteie, deeg, worsrolletjies, pizzas en partytjieprodukte onder die handelsname Today, Mama’s, Big Jack en Man’s Meal. Die produkte word in Atlantis in die Wes-Kaap vervaardig.

In ’n Sens-verklaring deur die genoteerde RFG sê die direksie hulle beskou dit as ’n aantreklike beleggingsgeleentheid wat in pas is met RFG se strategie om uit te brei deur verkrygings.

“Die direksie glo die kategorie vir bevrore pasteie en versnaperings in die boonste deel van die kleinhandelmark vul sy groeiende onderneming vir pasteie en deeg aan en dat die verkryging die potensiaal het om goeie sinergieë vir die maatskappy te skep.”

Die transaksie moet deur die Mededingingskommissie goedgekeur word. Die groep wil onvoorwaardelike goedkeuring van die kommissie hê óf voorwaardes wat vir sowel RFG as Pioneer Foods aanvaarbaar is.

Daar word verwag dat dit eers teen 1 Januarie 2022 voltrek sal word.

Pioneer besit welbekende handelsname soos Marmite, Bokomo, Sasko en Liqui-Fruit. Die maatskappy is vir R23 miljard deur die Amerikaanse reus PepsiCo uitgekoop en gedenoteer van die JSE.

Meer oor:  Pepsico  |  Maatskappye  |  Verkrygings  |  Kosgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.