Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Perderenne: Konsultant moet kopers soek
perde
Phumelela Gaming bied perdewedrenne aan. Foto: Getty Images

Die perdewedrengroep Phumelela Gaming gaan op 10 Julie ’n aanlyn aandeelhouersvergadering oor sy sakereddingsplan hou.

Dit kom nadat Phumelela se sakereddingspraktisyn, John Evans, op 15 Junie laat weet het dat hy uitstel gekry het van die krediteure om die groep se sakereddingsplan teen 31 Julie te publiseer. Aandeelhouers kry ook dan kans om hul sê te sê oor Evans se ekstra vergoeding as sakereddingspraktisyn in die lig daarvan dat die publikasie van die reddingsplan uitgestel is.

Hy het intussen ook die konsultantfirma FTI Consulting aangestel om uit te vind of daar enigiemand is wat sommige of al die bates en bedrywighede van Phumelela wil oorneem.

Die groep is erg getref deur die koronavirus-inperking omdat geen perdewedrenne sedert Maart aangebied en dus ook geen weddenskappe op die renne gedoen kon word nie.

Phumelela het in Mei om sakeredding aansoek gedoen, en die JSE het op sy versoek verhandeling in sy aandele opgeskort. Die aandeelprys was laas op 41c.

Phumelela sukkel egter al van voor die pandemie, en het in die halfjaar tot einde Januarie ’n wesensverlies van 0,89c per aandeel gely teenoor ’n jaar gelede se wins van 68c per aandeel.

In sy vorige boekjaar tot einde Julie 2019 was Phumelela se netto verlies R95 miljoen.

Meer oor:  Perdewedrenne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.