Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Perke op restaurante knou inkomste reeds

Die regering se maatreëls om Covid-19-verspreiding te probeer bekamp, is reeds besig om restaurante lam te lê.

wimpy
Hoewel Wimpy nie drank bedien of saans oop is nie, word sy moedermaatskappy erg geraak deur die perke op restaurante en mense wat net nie meer wil uiteet nie. Foto: Getty Images

Die genoteerde reus Famous Brands, eienaar van onder meer Steers, Wimpy en Mugg & Bean, sê die regering se pogings om verbruikers se aktiwiteite in die openbaar te beperk, het reeds ’n “beduidende” uitwerking op sy bedrywighede.

Sedert 16 Maart is daar ’n “merkbare” afname in verkope by al sy handelsname se takke.

“Aanvanklike aanduidings is dat verkope gedurende die eerste drie weke van Maart aansienlik gedaal het.”

Veral sedert die regering op 18 Maart bepaal het alkohol mag nie ná 18:00 saans of 13:00 op Sondae verkoop word nie, het restaurantbesoeke skerp gedaal.

Dit het daartoe gelei dat talle restaurante tussen dié tye gesluit het.

Famous Brands sê veral sy nisrestaurante wat in die aand die meeste van hul inkomste verdien, trek swaar. Dit sluit in Tashas, Turn ’n Tender en Salsa Mexican Grill.

Die maatskappy verwag dat die regulasies dié ondernemings se verkope beduidend gaan verminder.

Famous Brands probeer egter nou verseker dat sy aanlyn bestellings vergemaklik word sodat bedrywighede deur middel van tegnologie kan vergoed vir die verlies aan inkomste uit mense wat saans uiteet.

“Ons verwag dat ons aanlyn en afleweringsdienste hoër as gewone bestellings gaan ervaar,” sê die maatskappy. Hy doen nou stappe om te verseker dat dié dienste die toename in gebruik kan hanteer.

Die direksie is weliswaar nie oortuig daarvan dat hulle digitaal sal kan vergoed vir die verwagte verliese nie.

“Gegewe die heersende onstabiliteit in ons handelsmarkte, is dit moeilik om die invloed van die pandemie op die onderneming akkuraat te voorspel. Die direksie en bestuur voorsien egter dat bedrywighede oor die komende weke al hoe moeiliker gaan word en ongetwyfeld ’n aansienlike vermindering in verkope sal veroorsaak.”

Meer oor:  Steers  |  Wimpy  |  Famous Brands  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Restaurante  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.