Peter Moyo, onwettig afgedankte uitvoerende hoof van Old Mutual, sê as hy nie sy werk terugkry nie, soek hy skadevergoeding van R250 miljoen.
Old Mutual het Woensdag gesê Moyo dagvaar die maatskappy nou vir dié enorme bedrag, maar dat Old Mutual die eis “ten volle” sal beveg.

Peter MoyoFoto: Argief
Moyo het gesê sy hoofdoelwit is om sy werk terug te kry.
“As hulle my nie my werk teruggee nie, is ek daarop geregtig om volgens my kontrak ’n eis in te stel,” het hy telefonies gesê nadat Old Mutual die eis bevestig het.
Dit kom nadat Old Mutual nou al drie keer geweier het dat hy werk toe kom. Hofsake oor sy twee afdankings sleep voort.
Moyo was slegs twee jaar lank uitvoerende hoof. – Bloomberg, verwerk