Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Peter Moyo finaal by Old Mutual afgedank
 peter moyo, old mutual
Peter Moyo, pas geskors as uitvoerende hoof van Old Mutual.

Old Mutual het Maandag amptelik sy geskorste hoof, Peter Moyo, afgedank, luidens ’n Sens-verklaring wat Dinsdag uitgereik is.

Die belangebotsing waaroor vroeër berig is en ’n “wesentlike ineenstorting van vertroue” by die direksie het volgens Old Mutual ontstaan omdat Moyo die betaling van twee stelle gewone dividende van altesame R115 miljoen goedgekeur het deur die beleggingsbeheerfirma NMT, waarvan hyself ’n stigter is. 

Moyo was voorsitter van die direksie toe die dividende goedgekeur is; dit lyk nie of hy homself verskoon het van die besluit nie.

Moyo het regstreeks R30,6 miljoen se voordeel uit dié transaksies verdien. 

Dis gedoen voordat dié maatskappy agterstallige voorkeurdividende aan Old Mutual, ’n voorkeuraandeelhouer, betaal het of die kapitaal wat Old Mutual voorgeskiet het, terugbetaal het. 

Sy skorsing is op 24 Mei aangekondig.

Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, het dit beskryf as “een van die moeilikste dinge wat ons as direksie nog moes doen vanweë ons persoonlike verhouding met Peter, asook sy prestasies.”

Meer oor NMT en Old Mutual se verwantskap

Moyo is ’n stigter en nie-uitvoerende direkteur van NMT Capital en besit aandele in NMT Capital en die groter NMT Group.

Old Mutual Life Insurance het voorheen finansiering aan NMT Group verskaf en het ook finansiering vir die verkryging van voorkeuraandele verskaf aan ’n familietrust van Moyo wat ook ’n belang in NMT Capital besit. Old Mutual se belegging was R291 miljoen werd.

Moyo ontvang geen vergoeding as direkteur van NMT Capital nie.

Sy belange in NMT is gereguleer volgens spesiale protokolle by Old Mutual wat soortgelyk aan die groep se beleid oor belangebotsings is. Enige transaksies moes deurgaans verklaar word. Direkteure mag nie besluite neem waar ’n belangebotsing ter sprake is nie.

Meer inligting volg.

Meer oor:  Nmt  |  Old Mutual  |  Peter Moyo  |  Batebestuursfirmas  |  Versekeraars  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.