Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Peter Moyo kry nié sy werk by Old Mutual terug – hof

Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, is nou finaal sy werk kwyt.

Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual.Foto: Argief

eNCA se Heidi Giokos het kort nadat verrigtinge Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg begin het, getwiet die volbank regters het ten gunste van die versekeraar uitspraak gelewer.

Moyo moet volgens die uitspraak Old Mutual se regskoste betaal.

Moyo het buite die hof gesê hy is “teleurgesteld” in die beslissing en oorweeg dit om die appèlhof te nader, volgens ’n twiet deur Giokos.

Eric Mabuza, Moyo se prokureur, sê ook hulle gaan voort om Old Mutual weens minagting van die hof te dagvaar.

Old Mutual het appèl aangeteken teen regter Brian Mashile se vroeëre uitspraak dat Moyo heraangestel moet word.

Dit kom nadat Old Mutual Moyo aanvanklik in Mei verlede jaar geskors en daarna in Junie afgedank het.

Old Mutual het Moyo later in Augustus vir die tweede keer afgedank.

Old Mutual het Moyo in weerwil van Mashile se uitspraak telkemale in 2019 gekeer om terug te gaan werk toe.

Old Mutual het in sy appèlaansoek, wat in Desember gehoor is, voet by stuk gehou dat hy Moyo ingevolge klousule 24.1.1 van sy indiensnemingskontrak afgedank het.

Klousule 24 bepaal dat die kontrak beëindig kan word deurdat “enige van die partye aan die ander party skriftelik kennis gee”. Die beëindiging van die dienskontrak is dan aan ’n kennistydperk van ses maande onderhewig.

Klousule 24.1.1 stel dit duidelik dat nie een van die partye ’n rede hoef te verskaf hoekom hulle die kontrak wil beëindig nie.

Moyo het op sy beurt aangevoer dat dit nie die geval was nie en dat hy geregtig was op ’n dissiplinêre verhoor voordat ’n besluit oor sy indiensneming geneem kon word.

Die oorlog in Old Mutual se raadsaal het gekom nadat die maatskappy Moyo afgedank het weens ’n “wesentlike ineenstorting van vertroue” tussen Moyo en die direksie rakende Moyo se belangebotsing met NMT Capital.

Moyo, ’n stigter en direkteur van NMT, het aanvanklik die belangebotsing goed bestuur totdat hy dividendbetalings van R115 miljoen goedgekeur het by NMT voordat skuld aan Old Mutual, wat voorkeurdividende gehou het, terugbetaal is.

Old Mutual beweer hy het persoonlik R30,6 miljoen se voordeel getrek uit dié besluit.

Moyo het weer beweer die “ware rede” vir sy afdanking by Old Mutual is omdat hy sy stem dik gemaak het oor ’n belangebotsing waarby Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, betrokke was.

Manuel was ’n direkteur van Rothschild, wat adviesdienste aan Old Mutual gelewer het met die Britse moedermaatskappy se ontknoping.

Hieronder is die tydlyn van die drama tot voor Dinsdag se uitspraak.

opgedateerde tydlyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.