Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Peter Moyo: ‘Ons kom terug met die balju’

Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof van Old Mutual, sal vir ’n vierde keer probeer om terug te keer werk toe – maar dié keer met die balju byderhand.

Old Mutual se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg, waar Peter Moyo Woensdag vir die derde keer opgedaag het om volgens ’n hofbevel weer sy pos op te neem. Foto: William Horne

Moyo was Woensdag vir die derde keer by Old Mutual se hoofkantoor in Sandton om vir werk aan te meld nadat hy ingevolge nou al drie hofbevele tydelik heraangestel is.

Moed opgee gaan Moyo egter nie en vir sy beplande vierde probeerslag sal hy nou die balju saamneem om die hofbevel af te dwing.

Old Mutual hou aan om Moyo toegang te weier. Eers het die maatskappy dit geregverdig ingevolge sy appèlaansoek teen die heraanstelling wat die bevel dus “staak” en toe deur middel van ’n tweede afdankingsbrief.

Moyo eis nou dat Old Mutual se optrede as minagting van die hof beskou word en die twee partye sal binne 30 dae weer kop stamp – dié keer met tronkstraf op die spel.

Moyo het Maandag daarin geslaag om die 13 oorblywende direkteure van Old Mutual tot ’n hofaansoek vir minagting van die hof te voeg en hulle kan nou individueel aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se versuim om Moyo terug werk toe te laat kom.

Eric Mabuza, Moyo se regsadviseur, het Woensdag by Old Mutual se kantoor in ’n video deur die sakejoernalis Ray Mahlaka op Twitter gesê dat hulle sal aanhou probeer om terug te keer werk toe.

Ons doen dit nie ligtelik nie – ons glo in die oppergesag van die reg. Ons glo dat hofbevele uitgevoer moet word. Dit sou verkeerd van ons wees om Old Mutual met ’n blatante gebrek aan respek vir ons howe te laat wegkom.
Eric Mabuza

Hy sê dit is om ernstige gevolge soos wat ná die amptelike hofstryd oor minagting van die hof sou kon geskied te probeer vermy en om Old Mutual ’n kans te probeer gee om “sy minagting te versag”. Ten einde die poging te laat slaag, sê Mabuza, sal die balju nou dalk wel ingespan moet word.

“Die volgende keer as ons hierheen kom, sal ons miskien die balju moet bring om die hofbevel af te dwing, want dit is slegs die balju wat gemagtig is om vir Old Mutual te sê om die deure vir mnr. Moyo oop te maak,” sê Mabuza.

“Ons het weer eens hierheen gekom om ’n hofbevel af te dwing. Ons doen dit nie ligtelik nie – ons glo in die oppergesag van die reg. Ons glo dat hofbevele uitgevoer moet word. Dit sou verkeerd van ons wees om Old Mutual met ’n blatante gebrek aan respek vir ons howe te laat wegkom.”

Old Mutual se 13 direkteure het tot 4 Oktober om beëdigde verklarings in te dien waarin hulle moet regverdig hoekom hulle dink hulle nie vir minagting van die hof aanspreeklik gehou moet word nie. Hulle moet veral aandui waarom die tweede afdankingsbrief, wat ná Moyo se heraanstelling uitgereik is, nie op minagting van die hof neerkom nie.

Meer oor:  Nmt  |  Old Mutual  |  Brian Mashile  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo  |  Balju  |  Hofbevel  |  Heraanstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.