Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo-sage: 1ste direkteur bedank by Old Mutual

Een van Old Mutual se mees gerespekteerde direkteure, Nombulelo Pinky Moholi, het met onmiddellike effek bedank.

Dít nadat sy Peter Moyo, die maatskappy se afgedankte uitvoerende hoof, in ’n onderhoud lof toe geswaai het.

peter moyo
Peter Moyo tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: William Horne

Moholi is voorsitter van die vergoedingskomitee en het sewe jaar op die maatskappy se direksie gedien. Haar bedanking is Donderdagmiddag laat op Sens aangekondig.

Haar bedanking begin vir die eerste keer krake wys in ’n direksie wat tot dusver homself voorgegee het as ’n eenparige stem met betrekking tot die voortslepende regstryd met Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof, waarin hy nou al vir vier maande verwikkel is.

Moyo, wat nou al twee keer afgedank is, tussendeur ingevolge ’n hofbevel heraangestel is, en herhaaldelik deur Old Mutual verhinder is om terug te keer werk toe, is tans besig om die direksie as sowel misdadig te laat probeer verklaar. Hy wil ook bewys die hele direksie is skuldig aan minagting van die hof.

Moholi het verlede week, uit pas met die direksie se blykbare vaste posisie teen Moyo, in ’n onderhoud met Business Day die beleërde uitvoerende hoof se lof besing.

Sy het na Moyo as “talentvol” en “goed ervare” verwys.

Dis teenoor die ooglopende frustrasie met Moyo wat Trevor Manuel, voorsitter, verlede Vrydag op ’n nuuskonferensie uitgespreek het.

LEES OOK:  Old Mutual vs. Moyo: ’n Tydlyn van die chaos

Nou, ’n week later, het Moholi net die gebruiklik vae rede vir haar bedanking verskaf: “persoonlike redes”.

“Me. Moholi wens die direksie die beste toe gedurende hierdie moeilike tyd,” lui die verklaring waarin die direksie haar ook bedank vir jare se voortreflike diens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.