Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Peter Moyo verloor nog ’n saak teen Old Mutual

Die strydlustige Peter Moyo het nog ’n saak teen sy voormalige werkgewer, Old Mutual, verloor – en die regstryd is besig om hom ’n aardige bedrag te kos.

old mutual
Peter Moyo vroeër in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: William Horne

Die appèlhof het sy aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys. Dis teen ’n beslissing op 14 Januarie in die hooggeregshof in Johannesburg ten gunste van Old Mutual wat ’n tussentydse hofbevel omgekeer het ingevolge waarvan Moyo heraangestel moes word as uitvoerende hoof.

Die appèlhof het bevind Moyo se beoogde appèl het geen redelike kans op sukses nie en voldoen ook nie aan die vereistes vir ’n spesiale appèl nie.

Die beslissing beteken Old Mutual se afdanking van Moyo in Junie verlede jaar bly van krag.

Old Mutual het die beslissing in ’n verklaring verwelkom. Dit volg kort op die appèlhof se beslissing teen ’n interdik wat Moyo wou kry om Old Mutual te keer om ’n permanente nuwe uitvoerende hoof aan te stel.

Moyo betwis die redes vir sy afdanking. Old Mutual het Moyo afgedank nadat hy die uitkeer van miljoene rand se dividende van NMC Capital aan homself en familietrusts goedgekeur het terwyl die firma steeds voorkeurdividende en lenings aan Old Mutual verskuldig was. Dit was ’n oortreding van die voorskrifte in Moyo se dienskontrak oor hoe dié belangebotsing bestuur moes word.

Moyo voer aan hy is afgedank omdat hy Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, se belangekonflik met Rothschild, wat Old Mutual se ontknoping help behartig het, onthul het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.