Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Peter Moyo wil hof toe oor afdanking by Old Mutual

Peter Moyo, wat dié week sonder ’n goue handdruk as uitvoerende hoof van Old Mutual afgedank is, gaan die finansiëledienstefirma hof toe vat daaroor.

 peter moyo, old mutual
Peter Moyo, wat pas afgedank is as uitvoerende hoof van Old Mutual, wil terugbaklei.

Reuters berig dat Old Mutual se Sens-verklaring Dinsdag “ten beste onvolledig en ten ergste misleidend is” en dat Old Mutual “geen finansiële of enige ander skade” weens Moyo se optrede gely het nie.

“Mnr. Moyo sal Old Mutual se optrede dus betwis in die hof, waar ons vertrou die waarheid sal uitkom.”

Reuters identifiseer nie die regsverteenwoordiger nie.

Tabby Tsengiwe, hoofskakelbeampte van Old Mutual, het Dinsdagmiddag aan Netwerk24 gesê Moyo het nog nie amptelik aangedui of hy sy afdanking gaan betwis nie. “Ons kan nie met sekerheid sê watter aksie mnr. Moyo sal verkies om te volg nie, maar ons kan wel sê ons glo nie dat enige hofsaak oor ons besluit hoegenaamd meriete het nie.”

Moyo is op 24 Mei vanjaar geskors nadat die maatskappy se direksie die manier waarop hy sy belangebotsings bestuur het, problematies gevind het.

Moyo het as nie-uitvoerende direkteur van die NMT-groep die uitkering van gewone aandele ter waarde van R115 miljoen goedgekeur, waaruit hy regstreeks R30,6 miljoen verdien het, volgens Old Mutual. Die probleem is dat NMT voorkeurdividende en die terugbetaling van ’n lening van R291 miljoen aan Old Mutual verskuldig is.

Moyo se posisie as direkteur en aandeelhouer van NMT was welbekend aan Old Mutual met sy aanstelling as uitvoerende hoof kwalik ’n jaar gelede. Die potensiële belangebotsing moes volgens sekere protokolle bestuur word.

Moyo en Old Mutual verskil of daardie protokolle gevolg is.

Tsengiwe het ook bevestig dat die uitsprake wat Moyo ná sy skorsing in die openbaar gemaak het, het die verhoudinge benadeel. Volgens haar beskou die groep sy “mediaveldtog” om homself vry te spreek as “skadelik”.

Hy wou glo nie konstruktief aan gesprekke oor sy skeiding van die groep deelneem nie.

Meer oor:  Nmt Capital  |  Nmt  |  Old Mutual  |  Peter Moyo  |  Batebestuursfirmas  |  Versekeraars  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.