Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Phumelela se sakeredder kry uitstel
Die sakereddingsplan vir Phumelela Gaming gaan nou eers einde Julie bekend gemaak word. Foto: Argief

Die sakeredder wat vir die perdewedrengroep Phumelela Gaming aangestel is, het nou tot 31 Julie om sy reddingsplan vir dié maatskappy te publiseer.

Phumelela is die enigste genoteerde maatskappy waarin Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, nog ’n belang besit. Luidens die datadiens Iress besit hy ’n belang van 1,8% in die maatskappy wat vroeg in Mei aansoek om sakeredding gedoen het.

Die Suid-Afrikaanse perdewedrenbedryf kon nie sedert die inperking op 26 Maart enige wedrenne hou nie, en kleinhandeltakke waar weddenskappe geneem word, is ook gesluit.

Phumelela kon dus sedertdien nie enige inkomste verdien uit sy perdewedrenbedrywighede of sportweddenskappe nie. Dit is net aanlyn weddenskappe wat plaasvind, maar die inkomste daaruit is nie genoeg om vir die verlies aan die ander inkomste te vergoed nie.

Die maatskappy sê Maandag in ’n kort handelsverklaring op Sens dat meer as 50% van sy krediteure hul toestemming gegee het dat die reddingsplan teen 31 Julie bekend gemaak word.

Phumelela gee geen aanduiding van wanneer die plan aanvanklik gereed moes wees nie.

John Evans is as sakeredder aangestel.

Meer oor:  Markus Jooste  |  Perdewedrenne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.