Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Phumelela verwag verlies van tot R100 m.
Phumelela Gaming and Leisure bedryf onder meer perdewedrenne. Foto: Unsplash

Die perdewedren- en dobbelgroep Phumelela Gaming and Leisure het Maandagmiddag gewaarsku hy verwag ’n basiese verlies van tussen R80 miljoen en R100 miljoen vir die boekjaar tot einde Julie.

Phumelela sukkel sedert einde Desember 2017 nadat een van sy invloedrykste aandeelhouers, Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, as direkteur bedank het.

Dit was op dieselfde dag as dat Jooste onder ’n wolk by Steinhoff bedank het.

Phumelela se massiewe verlies in die afgelope boekjaar volg op ’n wins van R155,1 miljoen in die vorige boekjaar.

’n Basiese verlies van tussen R0,80 en R1 per aandeel word verwag, sê die maatskappy in ’n handelsoorsig op die JSE se nuusdiens, Sens.

Phumelela is veronderstel om sy resultate voor die einde van vandeesmaand uit te reik ingevolge die JSE se reëls, maar kragtens die handelsoorsig gaan die maatskappy dit eers ’n maand later, op 29 November, uitreik.

Die afhandeling van die finale verslag neem langer as verwag, sê Phumelela.

Die maatskappy se inkomste is die afgelope boekjaar swaar getref deur die besluit van Gauteng se dobbelraad om regulasies te wysig sodat Phumelela nie meer ’n heffing van wengeld kry nie. Hy het dié heffing al die afgelope 20 jaar gekry.

As gevolg van dié wysiging het Phumelela R26 miljoen se inkomste verloor.

Die maatskappy moes ook R12 miljoen méér in belasting opdok weens die styging in belasting op toegevoegde waarde wat van 1 April 2018 geld.

R10 miljoen is aan ’n program vir maatskaplike ontwikkeling bestee en R30 miljoen aan herstruktureringskoste.

Dit het alles bygedra tot ’n verwagte wesensverlies van minstens R110 miljoen.

Phumelela se aandeel op die JSE het Maandagmiddag 2% hoër op R2,45 verhandel.

Meer oor:  Phumelela Gaming And Leisure  |  Dobbelbedryf  |  Verlies  |  Dobbel  |  Aandele  |  Handelsoorsig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.