Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pick n Pay se SA wins skiet op tot bo R1,1 miljard

Pick n Pay se handelswins uit sy winkels in Suid-Afrika het in die halfjaar tot begin September stewig met 16% tot R1,15 miljard gestyg.

Pick n Pay het dit reggekry om met 6,5% groei in omset sy handelswins met 16% te lig. Dit is toegeskryf aan meer doeltreffende aankope.

Dit volg nadat die omset met 6,5% gegroei het en op ’n vergelykbare grondslag met 3,5% as nuwe winkels uitgesluit word.

Richard Brasher, uitvoerende hoof, sê dié sterk resultate is bereik ondanks die moeilike handelstoestande.

“Die kern van ons resultate vertoon baie sterk in Suid-Afrika,” sê hy, en hy voeg by die groei in verkope is beter as die groei in die mark.

Die skerper styging in handelswins word toegeskryf aan doeltreffender aankope. “Die groep het oor ’n aantal jare baat gevind by die vordering met die sentralisering van sy verskaffingsketting, beter dissipline om koste in toom te hou en beter bedryfsdoeltreffendheid.”

Die groep se aandeelprys het Dinsdag vroegoggend skerp met meer as 9% gestyg na sy winsgroei die mark verras het. 

Die interne inflasie is op 2,2% in toom gehou. Dit is die persentasie waarmee die gemiddelde prys vir ’n sekere mandjie wat hulle meet, sedert die ooreenstemmende halfjaar verlede jaar gestyg het.

Wanneer nuwe winkels uitgesluit word om ’n aanduiding te kry van hoeveel meer in bestaande winkels verkoop is as 12 maande gelede in die ooreenstemmende halfjaar, het die volume produkte wat meer verkoop is 1,3% gestyg.

Richard Brasher, uitvoerende hoof van Pick n Pay.

In geheel het die groep sy omset met 6% verhoog tot R43,1 miljard.

Ook sy handelswins het skerper met 12,5% tot R1,18 miljard verhoog.

“In so omgewing vind kleinhandelaars dit moeilik om hul twee belangrike doelstellings te balanseer – naamlik om stewige groei in verkope te bereik terwyl winsmarges behou word. Ek is baie tevrede dat ons daarin geslaag het om sowel verkope as ons wins te groei.”

Hy meen dit is ’n wesenlike prestasie gegewe die negatiewe invloed op die groep se resultate van sy assosiaatmaatskappy in Zimbabwe.

Brasher het gesê die resultate is bereik deur meer doeltreffend te wees met aankope en deur sy produkreeks te vereenvoudig en sodoende vermorsing uit te sny.

Die groep gaan ’n tussentydse dividend van 42,80c aan aandeelhouers betaal, wat 9,5% hoër as verlede jaar is.

Meer oor:  Pick N  |  Richard Brasher  |  Kleinhandelaars  |  Kleinnhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.