Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pick n Pay ‘wen klante van mededingers’
Pick n Pay sê sy langtermynplan lewer resultate op.

Die winkelgroep Pick n Pay spog in ’n handelsoorsig hy het die afgelope boekjaar, tot begin Maart, markaandeel gewen en dat sy omset stewig met 9,6% gestyg het.

“Die vertoning is in baie moeilike handelstoestande gelewer en bevestig dat die groep se langtermynplan doeltreffend en konsekwent uitgevoer is,” lui die verklaring.

“Die afgelope ses jaar se fokus op die verbetering van koste- en bedryfsdoeltreffendheid het die groep in staat gestel om in ’n wen-aanbod op die rakke te belê wat laer pryse, aantrekliker promosies, beter en meer innoverende produkte, waardetoegevoegde dienste en meer moderne winkels insluit.”

Dit is vir ’n finansiële jaar met een ekstra week tot 3 Maart, vergeleke met 52 weke verlede jaar. Uitgesluit die ekstra week het sy verkope steeds met ’n stewige 7% gestyg.

As nuwe winkels wat geopen is en prysveranderings uitgesluit word, het die groep 5% meer verkoop.

Pick n Pay sê sy gemiddelde pryse het met 0,3% jaar tot jaar gedaal.

Die groep verwag sy wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 20% en 30% in die finansiële jaar styg.

As die een ekstra week uitgesluit word, styg die wesensverdienste per aandeel met tussen 13% en 23%.

Sy aandeelprys het met 4% tot R70 gestyg nadat die handelsoorsig uitgereik is.

Die 53 weke in sy finansiële jaar gebeur elke sesde of sewende jaar. Dit hou verband met sy verslagtye wat altyd op die Sondag naaste aan sy jaareinde eindig. 3 Maart was die naaste Sondag aan einde Februarie waarop sy boekjaar eindig. Verlede jaar het sy boekjaar op 25 Februarie geëindig.

Pick n Pay reik sy resultate op 26 April uit.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Kleinhandelaar  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.