Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pick n Pay wil baie minder kos mors
’n Werker weeg ’n ui in een van Pick n Pay se winkels in Johannesburg. Foto: Getty Images

Pick n Pay wil die hoeveelheid kos wat hy moet weggooi die volgende vyf jaar met die helfte verminder.

Dit is deel van ’n nuwe internasionale projek 10X20X30 waarvolgens groot supermarkgroepe soos Walmart, Ahold en Tesco die vermorsing van kos drasties wil verminder.

Pick n Pay het hom tot die projek verbind en het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy het reeds 20 van sy grootste verskaffers gevra om met hom saam te werk.

Die uitdaging vir enige supermarkgroep is om ’n balans te handhaaf en nie te vinnig voorraad vooruit te bestel nie omdat dit tot ’n ooraanbod lei en tonne kos uiteindelik weggegooi word.

Tot 40% van alle kos wat in Suid-Afrika verbou word, moet uiteindelik weggegooi word, sê Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay.

Die waarde daarvan beloop meer as R100 miljard per jaar.

Die supermark het al in 2015 met ’n plan begin om die hoeveelheid kos wat op die ashoop beland, te verminder.

Pick n Pay skenk alle bederfbare produkte waarvan die vervaldatum verstryk het aan behoeftige organisasies.

Meer as 1 600 ton kos word jaarliks so geskenk.

Die maatskappy hoop om nou met sy verskaffers saam te werk ten einde beter te beplan sodat minder kos op die winkelrakke verval en gevolglik weggegooi (of geskenk) moet word.

Pick n Pay hoop om sy vermorsing teen 2025 met minstens 50% te verminder.

Pick n Pay se omset het in die halfjaar tot einde September met 6,5% tot R43,1 miljard gestyg en sy handelswins met 16% tot R1,1 miljard. Die grootste deel van sy inkomste word in Suid-Afrika verdien.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Supermark  |  Voedselsekerheid  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Kospryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.