Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Piet Mouton oor sy pa: ‘Mense het lelik geskinder’
Jannie Mouton is ’n groot aanhanger van die kunstenaar Pierneef. Hier staan hy in sy voorhuis voor van sy 13 Pierneef-skilderye. Foto: Jaco Marais

Dis om die “lelike geskindery” stil te kry dat PSG se voorsitter, Jannie Mouton, in ’n persoonlike brief aan beleggers en werknemers hulle meegedeel het dat hy demensie het.

Só het sy seun Piet Mouton, uitvoerende hoof van PSG, Woensdagoggend in ’n telefoniese onderhoud gesê.

“Dis nie op die oomblik baie erg nie. Hier en daar vergeet hy ’n naam en herhaal homself ’n bietjie, maar jy sal nou saam hom kan uiteet en niks agterkom nie.”

Hy sê dis hoekom in die brief gesê word dis ’n “vroeë vorm” van demensie.

Lees ook: Jannie Mouton kondig aan hy het demensie

Hy kan nie sê wanneer die toestand by sy pa gediagnoseer is nie. “Dis altyd moeilik om presies daarmee te sê. Dis nie soos kanker of iets nie, dis maar ’n geleidelike ding.

“Hy sal nog baie lank kan funksioneer soos nou. En hy het pille wat help...”

Piet Mouton sê die brief is aan beleggers geskryf sodat mense nie hoef “rond te hardloop en spekuleer nie”.

Volgens hom het mense wat dit begin agterkom het, begin spekuleer en toe het dit ’n “geskinder” geraak. “Ons hoor van heinde en verre die stories. Mense skinder lelik en sê Jannie het breinkanker. Daarom het ons besluit om eerder eerlik te wees.”

Jannie Mouton, een van die stigters van PSG is, is al vir jare die nie-uitvoerende voorsitter van die groep.

Piet Mouton het die versoek herhaal dat die media hul privaatheid respekteer. Jannie Mouton wil nie nou onderhoude toestaan nie.

Meer oor:  Psg Konsult  |  Steinhoff  |  Psg  |  Curro  |  Kwv  |  Piet Mouton  |  Jannie Mouton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.