Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pioneer, Heinz kry groen lig van tribunaal
Heinz se tamatiesous. Pioneer Foods kry die reg om dit te vervaardig en te versprei.

Die voedselvervaardiger Pioneer Foods se verkryging van die res van Heinz Foods Suid Afrika (HFSA) is voorwaardelik deur die Mededingingstribunaal goedgekeur.

HFSA is ’n gesamentlike vennootskap tussen Pioneer Foods en Heinz South Africa, ’n filiaal van Kraft Heinz van die VSA.

HFSA bemark die Heinz-reeks se tamatiesous, sop, noedels, geblikte sousbone, asook Wellingtons se reeks souse, John West se geblikte vis en die Mama’s-produkte wat pasteie en bevrore maaltye insluit.

Die transaksie waarvolgens HFSA ’n volfiliaal van Pioneer Foods word, is in November 2017 aangekondig, onderhewig aan goedkeuring deur die Mededingingstribunaal. Voorheen het Pioneer Foods ’n belang van 49,9% in HFSA besit.

Die Mededingingstribunaal sê in ’n verklaring die verkryging word goedgekeur op voorwaarde dat afleggings weens die samesmelting vir ’n tydperk van twee jaar tot ’n maksimum van net 27 werknemers beperk word.

Die werknemers wat afgelê word, moet geskoolde of halfgeskoolde werkers wees en mag nie werkers insluit wie se hoogste formele opleiding gr. 12 of laer is nie.

Geen werknemers wat geraak word, mag vir ’n tydperk van ses maande ná die transaksie in werking gestel is, afgelê word nie. Die werkers wat geraak word, moet ook in die daaropvolgende jaar die kans gegun word om vir ander geskikte vakante poste in die groep aansoek te doen.

Volgens die Mededingingstribunaal se verklaring beoog Pioneer Foods en Kraft Heinz om ’n ooreenkoms te sluit waarvolgens Pioneer Foods ’n lisensie kry om Heinz-tamatiesous te vervaardig en te versprei. Dit word op die oomblik deur Heinz self gedoen.

Tien werknemers is betrokke by die lisensiëring- en vervaardigingsooreenkoms by HFSA. Dié werknemers, wat as fabriekswerkers geklassifiseer is, sal na Pioneer Foods oorgedra word.

Pioneer moet ook die ongeskoolde werkers van Heinz se tamatiesousbedrywighede in Worcester, Wellington en Malmesbury vir ’n tydperk van 12 maande in diens hou ná die beëindiging van die lisensie- en vervaardigingsooreenkoms.

Meer oor:  Heinz Sa  |  Pioneer Foods  |  Maatskappye  |  Mededingingstribunaal  |  Verkryging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.