Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pioneer se beleggers sê ja vir oorname deur Pepsi

Die genoteerde voedselvervaardiger Pioneer se aandeelhouers het Dinsdag die transaksie met Pepsi goedgekeur.

Pepsi se verkryging van Pioneer Foods, wat onder meer Weetbix en Sasko besit, gaan voortgaan. Foto: Reuters

Pepsi gaan Pioneer teen sowat R25 miljard koop.

Pioneer se algemene vergadering is Dinsdag by Century City in Kaapstad gehou. Vyf spesiale resolusies en vier gewone besluite is goedgekeur.

Twee van die spesiale resolusies hou verband met die reëlingskema ingevolge art. 114 en art. 115 van die Maatskappywet.

Nog ’n spesiale resolusie lui dat al dié spesiale resolusies herroep kan word indien sekere voorwaardes van die skema nie nagekom word nie. Die skema is nog aan talle voorwaardes onderhewig.

Die vierde spesiale resolusie hou verband met die terugkoop van aandele van die bemagtigingstrust.

Die vyfde spesiale resolusie is ten opsigte van eenmalige vergoeding vir die onafhanklike komitee van direkteure vir die dienste wat hulle gelewer het met die Pepsi-aanbod. Norman Thomson kry R120 000 en die ander drie lede van die komitee – Sango Ntsaluba, Lindiwe Mthimunye en Christoff Botha – kry elk R60 000.

Die gewone resolusies hou onder meer verband met die denotering van Pioneer se gewone aandele op die JSE asook wysigings aan die aandeleplan waarmee direkteure vergoed word.

Meer oor:  Pepsico  |  Pioneer Foods  |  Vervaardigers  |  Verkrygings  |  Kosgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.