Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pioneer se worsrolletjies verkoop fluks

Die voedselgroep Pioneer kon nie die hoër koste van insette soos brandstof, mielies, sapkonsentraat en arbeid volledig van die verkooppryse van sy finale produkte verhaal nie.

Dit is in ’n neutedop die rede vir sy laer bedryfswins en wesensverdienste in die halfjaar tot einde Maart.

Van Pioneer se handelsmerke sluit in Bovril, Ceres-vrugtesap, Pronutro en Pecks, Anchovette vissmeer.Foto: PIONEER

Beleggers op die JSE was nie beïndruk nie en die Pioneer-aandeelprys was Maandag vroegmiddag al 11,7% laer op R73,33.

Maar Tertius Carstens, uitvoerende hoof van die groep wat bekende koshandelsname soos WeetBix, ProNutro, White Star-mieliepap, Ceres- en Liqui Fruit-vrugtesap en Sasko-brood verkoop, sê hulle is steeds positief oor die goeie omsetgroei van 12% tot meer as R12 miljard wat volgens hom vrugte sal afwerp as handelstoestande herstel.

Pioneer se wesensverdienste is 14% laer op R509 miljoen, en ’n halfjaardividend van R1,05 per aandeel is verklaar, wat onveranderd is van ’n jaar gelede.

Pioneer vaar goed met sy ontbytgraan-verkope in Brittanje, waar hy muesli-ontbytpap lewer via die nuwe onderneming Lizi’s Granola wat hy in die vorige boekjaar verkry het.

In Nigerië presteer Pioneer met onder meer die verkoop van worsrolletjies. Carstens sê worsrolletjies is ’n gewilde versnapering wat op die straathoeke in Nigerië verkoop word teen sowat 50 naira (sowat R2). Pioneer vorder met die bou van ’n nuwe bakkery in Lagos, hoofstad van Nigerië.

Die onderneming Wellington’s wat souse soos tamatiesous, brandrissiesous, braaisous en ’n reeks marinades vervaardig, het in die halfjaar sy verlies gekrimp tot R40 miljoen teenoor R150 miljoen ’n jaar gelede. Carstens sê hulle is glad nie spyt oor dié verkryging nie en is besig om die onderneming reg te kry.

Eskom se beurtkrag knou ook vir Pioneer, met die meeste van sy aanlegte wat nie ander kragbronne kan gebruik nie. Waar dieselkragopwekkers geïnstalleer is, word dit net in nood gebruik want die dieselkoste alleen is sowat vyf keer meer as Eskom se kragpryse, sê Carstens.

Meer oor:  Pioneer Foods  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.