Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pioneer, Zeder se aandeel skiet op ná Pepsi-nuus

Pioneer Foods se aandeelprys het Vrydagoggend met tot 30,2% opgeskiet nadat die groep aangekondig het PepsiCo wil hom uitkoop.

PepsiCo wil Pioneer Foods inspan om sy verspreiding in Suid-Afrika te verbeter.

Die maatskappy se aandeel het sedert die opening van die JSE ’n hoogtepunt van R101,03 gehaal, R23,43 oftewel 30,2% méér as Donderdag se sluitingstydprys van R77,60.

Die aankondiging is voor die opening van die mark gedoen. PepsiCo bied R110 per Pioneer-aandeel aan in ’n transaksie wat sowat R23 miljard werd is. Dit sal tot die denotering van Pioneer lei.

Pioneer besit onder meer Bokomo, Sasko, Marmite, Ceres en tientalle ander eg Suid-Afrikaanse kosprodukte.

LEES OOK: Pepsi wil bekende SA kosgroep koop, denoteer

Zeder, wat 28,2% van Pioneer besit, het ook vroegoggend skerp gestyg. Die aandeel het met R1,16 oftewel 29,2% tot R5,13 opgeskiet.

Zeder het reeds onderneem om die transaksie te steun.

Aandeelhouers stem op 15 Oktober daaroor.

Teen 12:30 het Pioneer en Zeder se aandeelprys kwalik teruggesak van die oggend se hoogtepunte. Pioneer was steeds 29,9% hoër op R100,80 en Zeder 22,2% hoër op R4,85. 

Meer oor:  Pepsico  |  Zeder  |  Pepsi  |  Pioneer Foods  |  Kosvervaardigers  |  Marmite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.