Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Pionier van goeie bestuur gee leisels oor

Suid-Afrika se voorste kampvegter vir verantwoordelike korporatiewe beheer, prof. Mervyn King, tree uit as voorsitter van die komitee wat sy naam dra.

Prof. Suresh Kana, wat op 1 Oktober as die nuwe voorsitter van die King-komitee oor korporatiewe beheer oorneem.

Hy gee op 1 Oktober die leisels oor aan prof. Suresh Kana.

King, wat onlangs 81 jaar oud geword het, word die emeritus-voorsitter van die King-komitee, wat hy as voorsitter gelei het sedert dit in 1992 gestig is. King se rol by die Internasionale Raad vir Geïntegreerde Verslagdoening (IIRC) verander ook van voorsitter tot emeritus-voorsitter.

King sal in ’n raadgewende hoedanigheid by albei liggame betrokke bly.

Volgens Roy Andersen, voorsitter van Sasfin en ook sedert 1992 lid van die King-komitee, sê dit was ’n voorreg om met King saam te werk in die komitee wat die King I-verslag oor korporatiewe beheer opgestel het. Die verslag is in 1994 gepubliseer.

“Sedertdien het ek diepe ontsag gekry vir hoe hy die korporatiewe landskap verander het, nie net in Suid-Afrika nie, maar internasionaal. Sy intellek en insig is merkwaardig, en hy het ’n uitsonderlike bydrae gelewer,” sê Andersen.

Kana, tans voorsitter van Imperial en Murray & Roberts en ’n direkteur van die JSE, is sedert 2000 lid van die King-komitee en het dus help skryf aan King II (2002), III (2009) en IV (2016).

“Ek is werklik geëerd om die komitee te lei en sal, saam met my kollegas, aanhou bou aan die internasionaal gerekende werk wat die afgelope 24 jaar onder die leiding van Mervyn King gedoen is.”

Voldoening aan die King-verslae is ’n vereiste vir maatskappye wat op die JSE genoteer is. Benewens voorskrifte oor hoe jaarverslae moet lyk, bevat die King-verslae maniere om direkteure verantwoordbaar te hou indien vergrepe by ’n maatskappy gepleeg word.

Die King-komitee val onder die vaandel van die Instituut van Direkteure van Suider-Afrika (IoDSA). Parmi Natesan, hoof van IoDSA se sentrum vir korrektiewe beheer, sê sy is baie ingenome daarmee dat King ingestem het om steeds ’n rol op die komitee te speel.

Sy het Kana ook verwelkom. “Suresh het die leierskapsvaardighede, gesag en ervaring om dié belangrike komitee die toekoms in te lei.”

Meer oor:  Mervyn King  |  Maatskappye  |  Korporatiewe Beheer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.