Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Plan om nuwe medisyne gouer op die rak te kry
Daar word tans planne beraam om die registrasie van nuwe medisyne in Suid-Afrika gouer af te handel.

Farmaseutiese maatskappye – wat al jare lank kla oor die groot agterstand in Suid-Afrika om medisyne goedgekeur te kry – sal moontlik kan betaal om die agterstand uit te wis.

Dié voorstel word oorweeg deur die nuwe bedryfsliggaam wat die Medisynebeheerraad (MBR) in Februarie vervang het. Die MBR, wat gebuk gegaan het onder ’n gebrek aan geld en kundige personeel, is jare lank gekritiseer dat hy te lank neem om medikasie goed te keur wat lankal oorsee beskikbaar is.

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-reguleringsowerheid (Sahpra) funksioneer buite die departement van gesondheid as ’n onafhanklike regsentiteit.

Stavros Nicolaou, ’n topbestuurslid van Aspen Pharmacare, sê dit is die eerste keer dat maatskappye sal kan betaal om die registrasie van nuwe medisyne vinniger af te handel. Aspen steun die voorstel, mits die betaling aan prestasie gekoppel word.

Helen Rees, voorsitter van Sahpra, sê dit is een van die bronne van inkomste wat die organisasie ondersoek.

Adcock Ingram sê ook hy sal graag die voorstel met Sahpra wil bespreek.

Volgens Kavitha Kalicharan, woordvoerder van Adcock, het die maatskappy 250 middels wat vir goedkeuring wag – waarvan sommige al sewe jaar lank wag.

Die marknavorser BMI raam die farmaseutiese mark gaan oor die volgende dekade ’n jaarlikse saamgestelde groeikoers van 7,3% behaal. Teen 2027 kan die verkope in die farmaseutiese mark van sowat R45,4 miljard tans tot R87,5 miljard styg.

Sahpra sal vir die eerste keer oorsese beheerrade se inligting in ag neem wanneer middels en mediese toestelle geregistreer word.

Sekere middels sal geprioritiseer word, soos dié van generiese medisyne wat pryse kan laat daal, het Rees gesê. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.