Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Plan vir Group Five eers einde Junie bekend
Group Five se hoofkantoor in Sunninghill, Johannesburg.

Die sakeredders wat aangestel is om by die konstruksiemaatskappy Group Five in te gryp, het reeds met krediteure vergader.

Peter van den Steen en Dave Lake van Metis Corporate Advisory, sê dit is egter duidelik dat hulle nie binne 25 dae soos wat tipies vereis word, ’n sakereddingsplan gaan kan opstel nie.

“Ons moet ’n beduidende hoeveelheid werk voltooi sodat ons ’n reddingsplan vir alle belanghebbendes kan formuleer, laat goedkeur én dan toe te pas. Ons neem ons verantwoordelikhede in hierdie verband baie ernstig op,” sê hulle in die verklaring.

Die sakeredders het dus reeds met krediteure ooreengekom om die plan eers teen einde Junie te finaliseer.

Group Five se bates beloop tans net R2,2 miljard teenoor sy huidige aanspreeklikhede van R4,6 miljard.

Van den Steen en Lake sê ongeag die groot uitdagings waardeur die maatskappy in die gesig gestaar word, glo hulle hy kan wel gered word.

Group Five het op 12 Maart aangekondig dat hy in sakeredding geplaas is.

Hoewel die sakeredders in die verklaring sê hulle gaan poog om afleggings tot ’n minimum te beperk, het Group Five self op 15 Maart in ’n verklaring gesê hy verwag dat hy nagenoeg R233 miljoen gaan nodig hê om afleggingspakkette te betaal.

Die maatskappy het nie gesê hoeveel werknemers geraak word nie.

Meer oor:  Group Five  |  Sakeredding  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.