Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Platsak SA Express kan nie salarisse betaal
’n Bombardier-CRJ-200ER-vliegtuig van SA Express styg in Januarie op van O.R. Tambo- Internasionale Lughawe. Die lugdiens se likiditeitskrisis het nou so vererger dat hy nie meer salarisse kan betaal nie.Foto: Getty Images

Die sakereddingspraktisyns van die beleërde lugdiens SA Express het aan werknemers geskryf dat Maart se salarisse nie betaal sal kan word nie.

Die staatsonderneming is in Februarie deur ’n hofbevel in sakeredding geplaas. Hy het gewoonlik plaaslike asook streeksvlugte tussen Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe aangebied.

Die sakeredders het Dinsdag aan werknemers geskryf dat “ernstige bedryfsuitdagings” en die invloed van die Covid-19-uitbreking op die vraag na vliegkaartjies sy vermoë om “genoegsame” inkomste te genereer vir “noodsaaklike bedryfsuitgawes” erg belemmer het.

Hy sal dus nie Woensdag salarisse kan betaal nie en het sy werknemers aangeraai om hul bank te kontak om reëlings te tref vir debietorders en skuldpaaiemente.

SA Express het bevestig dat die brief eg is.

Die sakeredders sê die lugdiens het noodfinansiering van die departement van openbare ondernemings versoek om “noodsaaklike en onmiddellike uitgawes” te kan dek, wat salarisse insluit.

Dit kom slegs een week nadat die lugdiens aangekondig het hy gaan alle bedrywighede staak, wat verder sy likiditeitskrisis vererger het. Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.