Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Polisie ondersoek oud-bestuurder by Tongaat
Duurder suiker het gehelp om Tongaat Hulett se wins in die afgelope boekjaar tot einde Maart te lig.

Die polisie ondersoek ’n voormalige topbestuurder van die suikergroep Tongaat Hulett vir sy moontlike betrokkenheid by die boekhou-skandaal wat die maatskappy genoop het om sy jaarresultate weer uit te reik en die verhandeling van sy aandele op die JSE te staak.

’n Strafregtelike klag is teen die persoon aanhangig gemaak, maar Tongaat het nie sy naam bekend gemaak nie.

“Gegewe dat die polisie nou die saak ondersoek, is ons nie in staat om enige verdere inligting te verskaf nie,” het die maatskappy in ’n e-posboodskap in reaksie op vrae laat weet.

Tongaat se aandeelverhandeling is vroeër in Junie op versoek van die maatskappy opgeskort toe die aandeelprys op R13,21 verhandel het. Dit het van hoogtepunte van sowat R90 verlede jaar gedaal.

Tongaat sê die groep het verdere maatreëls ingestel om van die krisis te hanteer. Dit sluit in die hersiening van al sy bates, waarvan sommige verkoop en ander herstruktureer kan word.

As deel van ’n breër herstrukturering gaan Tongaat ook moontlik tot soveel as 5 000 poste sny.

’n Forensiese ondersoek is na Tongaat se finansiële state begin.

Volgens twee mense wat bekend is met die kwessie maar anoniem wil bly omdat die ondersoek deur die ouditgroep PwC nog nie afgehandel is nie, is bevind dat die wins op sekere transaksies aangeteken is voordat die transaksies afgehandel is.

Tongaat het in Mei gesê sy resultate vir die 2018-boekjaar kan met soveel as R4,5 miljard aangepas word. Die resultate vir die mees onlangse boekjaar sal nou eers teen einde Oktober uitgereik kan word.

Die krisis by Tongaat volg op die rekeningkundige skandaal by die internasionale meubelhandelaar Steinhoff, wat 97% van sy waarde verloor het nadat boekhou-bedrog einde 2017 op die lappe gekom het.

Tongaat oorweeg dit om die bonusse terug te eis van die topbestuurders wat tydens die wanbestuur in beheer was, het die anonieme bronne gesê.

’n Aantal senior bestuurders het oor die afgelope paar maande by die maatskappy bedank of afgetree, onder wie Peter Staude, wat in Junie verlede jaar ná 16 jaar as uitvoerende hoof afgetree het.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Tongaat  |  Bedrog  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.